• Home
  • Didage
  • Bly in voeling – Aanbieder: Rethie van Niekerk

Bly in voeling – Aanbieder: Rethie van Niekerk

Ons ervaar almal een of ander tyd oomblikke waarin ons “in voeling” is. Dit mag kom deur verwondering of hartseer, kreatiwiteit of meegevoel, dankbaarheid en liefde, en soms ook in tye van verandering. Ons bly immers ook in slegte tye in voeling met God, wanneer ons besef dat dit God is wat die inisiatief neem. Dit is ons keuse om hierdie egte teenwoordigheid te herken en om self teenwoordig te wees.

Meesal is dit egter in die gewone gang van die lewe wat ons in voeling bly met God. Ons is nie afhanklik van opwellings van insig, gevoel of inspirasie nie. Ons hoef ook nie te wag tot ons regtig iets nodig het nie. Ons kan ontvanklik wees om die Gees in elke oomblik te herken.

“Bly in Voeling” – die Afrikaanse weergawe van Staying in Touch van John Ackerman – help ons om hierdie ondervindings in ‘n lewenswyse te verander. In die loop van ses weke leer ons saam om God te herken in:

  • ons eie stories,
  • ons daaglikse lewe (Rus, Neem waar, Luister, Doen),
  • in die “geestelike lees” van die Bybel,
  • in die ontvang en die gee van liefde, en
  • in die soeke na wat regtig belangrik is.
Koste: R30 per persoon – almal welkom

Woensdag 18:30 (ete om 18:00)

Datum 5 Augustus

{yootooltip title=[Inskrywings] width=[400]}Liesl by die kerkkantoor: 0415835115{/yootooltip}

     

Trackback from your site.

Leave a comment