Biddag vir Opvoeding & Onderwys

Predikante, pastore en priesters van reg oor die Metropool het Donderdag bymekaar gekom om te bid vir o.a. Onderwys in ons stad.  Verteenwoordigers van die onderwysdepartement het vertel van hul uitdagings en gebedsversoeke gegee.

In die Metropool is daar 282 skole (sonder privaat skole) en ongeveer 6000 onderwysers.  Veertig hoërskole onderpresteer (het dus ‘n matriek slaagsyfer van minder as 50%).  Ons het gehoor van die geweldige impak wat vervoerprobleme op kinders se opvoeding het.  Vir baie leerders is die enigste kos wat hulle kry, die departement se voedingskema – wat tans baie verskraal is.  Skokkend is die toename in swangerskappe – veral van laerskoolkinders!  Die Metropool het ook ‘n hoë aantal huishoudings wat deur kinders gelei word.  ‘n Pleidooi is gelewer vir die ondersteuning van onderwysers, wat onder hoë druk werk.

Bid vir:

  • Onderwysers:  tydelike onderwysers, afwesigheid
  • Leerders: vervoer, voedingsprojekte, swangerskappe, dissiplineprobleme (soos o.a. Dwelmmisbruik).
  • Ondersteuning:  materiaal vir leerders, ondersteunings-personeel (daar is sedert April 2009 ‘n moratorium op die aanstelling van nie-ondergiggewende personeel).
  • Geboue:  huur, vandalisme, munisipale betalings.
  • Strukture:  Departement van Opvoeding, plaaslike Departement van Opvoeding, kundige bestuur van finansies.

 

     

Trackback from your site.

Leave a comment