Skip to main content

Bid dat ons getrou bly – Familiediens 09:00

Paulus skryf in 1 Korintiërs 10:1-13 oor versoekings.

  • Sommige versoekings het met plesier te make – dinge wat wat ons verlei om sonde te doen.
  • Ander versoekings het met pyn te make – dinge wat ons in verset bring teen God.

Alle versoekings wil ons egter verlei om God se wil te breek óf te bevraagteken.

Hierdie Sondag fokus ons daarom op die sesde bede van die Ons Vader:

“En bring ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.”

Wat bid ons hiermee? Wat kan ons van God verwag? En ek verbind die belofte van Paulus aan hierdie gebed:

“God is egter getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle vermoë versoek word nie, maar sal saam met die versoeking ook uitkoms gee, sodat julle dit kan verduur.” (1 Kor 10:13)

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.