Skip to main content

Bemoedig en bou mekaar op

Groei saam - 28 SeptemberEk is aangegryp dié week deur Paulus se woorde aan die Tessalonisense:
Bemoedig mekaar en laat die een die ander in die geloof opbou, soos julle inderdaad doen” (1 Tess. 5:11 [BDV]).
By die oggenddiens gaan ek op die rede vir Paulus se oproep fokus: die Here is op pad, en ons moet seker maak nie een van ons word soos ‘n dief oorval nie.
By die aanddiens gaan ek baie prakties fokus op hoe ons dit kan doen.
Ek skop ook die Reisgenote in geloofsvorming reis van 100 dae dié Sondag af met dié wat daarin begelei wil word.
Moet dit nie misloop nie!

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.