Behoort Saam – Prediker 4:9-12

Belydenisaflegging

In ons reeks, 40 dae van Gemeenskap het ons die afgelope 2 weke stilgestaan by: Week 1: Al wat van belang is, is geloof wat deur liefde tot dade oorgaan. Ons is geskape vir gemeenskap en liefde. As ek nie ʼn lewe van liefde lei nie sal: niks wat ek sê saak maak nie, niks wat ek weet saak maak nie, niks wat ek gee saak maak nie en niks wat ek bereik saak maak nie. God het ons geskape vir liefde. Jy kan eenvoudig nie jou roeping as ʼn dissipel op jou eie uitleef nie. As God se opdrag is dat ons mekaar moet liefhê, dat ons ander moet liefhê, kan jy dit nie uitleef as jy jouself isoleer nie. Maar liefde is soos ʼn spier wat geoefen moet word, dit kom nie vanself nie. Mens is mos nie sommer net fiks nie, dit verg doelbewuste toewyding.

En week twee het ons weggespring en begin oefen hoe om lief te hê met ons tweede tema “Dien Saam”. Daar het ons gesels oor hoe liefde die in eerste plek nie ʼn gevoel nie, maar ʼn daad. Saam met geestelike volwassenheid kom die gesindheid om buite jouself na die behoeftes van ander te kyk, ons gee dus in liefde om vir ander. En omdat ons deel is van God se plan om, om te sien na die wêreld, moet ons dan ook omsien na ander en so saam dien.

Vandag oefen ons verder aan hierdie liefdesspier van ons met die tema: Behoort Saam. Dat ons Saam Behoort is vir meeste van ons ʼn gemaklik konsep. Die idee van gemeenskap, span, groep is nie vreemd vir ons nie, ons beskou onsself mos immers as die liggaam van Christus

Praktyk sukkel ons egter so ‘n bietjie daarmee.

Dis amper soos valse advertering – produk belowe iets – maar lewer nie op nie.

Bv. Jy sien hierdie produk word geadverteer op die televisie en uiteindelik iets waarna jy al lankal gesoek het. Jy bel die nommer en bestel sommer dadelik een. Spoedpos nogals. En binne drie dae kry jy jou pakkie. Opgewonde maak jy dit oop en toets dit uit. En o aarde, hierdie produk, wat jy gedink het die antwoord op jou probleme is, werk nie so lekker nie. Maar nie te min, jy is nie te veel afgesit nie, want jy skryf die swak resultate toe aan “dalk het jy dit nie 100% reg gebruik nie” of “jy moes iets verkeerds gedoen het”. Jy gaan nou maar eers die handleiding lees en dan weer probeer. Jy probeer bietjie later weer, met dieselfde teleurstellende resultate. Nou begin jy bietjie omgekrap raak en probeer weer en weer. EN genoeg is genoeg! Hoogs ontevrede en verontwaardig gryp jy telefoon en skakel die tolvrye nommer, want iemand moet verantwoordelikheid neem dat hierdie produk nie jou behoeftes aangespreek het nie. Iemand moet hiervoor boet. Jy pons die nommer in en eweskielik begin jou selfoon lui. Skarrel om die foon te antwoord en tot jou verbasing is dit jy wat aan die anderkant is. Jy is die persoon wat die verantwoordelikheid moet dra vir hierdie swak resultate, vir hierdie produk wat sekere beloftes gemaak het, maar nie opgelewer het nie.

Die produk wat die kerk adverteer – die beloftes wat dit bied: die van gemeenskap, ek en u, ons is die vervaardigers – ons is die ingenieurs – bemarkers – die wat aanspreeklik gehou moet word as die produk nie aan die geadverteerde standaarde en beloftes voldoen nie. Hierdie belofte van gemeenskap wat mense by die kerk kom soek, die idee van LIGGAAM VAN CHRISTUS: dis ons wat verantwoordelik daarvoor is.

Ek en u is deel van God se plan om gemeenskap te bou en onder te ondersteun.

Blaai weer na prediker 4: Puzzeling boek

Die skrywer van hierdie boek staan eenvoudig bekend as Die prediker – Hebr. Kohelet. Hy preek hier is stuk wysheidsliteratuur. Amper iets soos ʼn handeleiding vir die alledaagse lewe.

Hy lê die teks so uit met ʼn goeie verstaan van ons daaglikse lewens .

Kom ons lees Prediker 4:9-12.

Die konteks van hierdie passasie lê in die vorige 2 verse wat vertel van die kondisie van alleenheid. Van meedoënlose werk, sonder enige vrug. Die lewe draai om besigheid waar die begin en einddoel, besigheid is en daar gaan genot in die uitlewering daarvan gevind word nie.

Hierdie stuk sluit direk daaraan en fokus op die gevare en uitdagings wat met reistogte in die antieke ooste gepaard gegaan het. Reistogte was hoofsaaklik vir besigheid ( tog meeste besigheid naby die huis) pelgrimstogte, of vir persoonlike redes soos troue, begrafnisse. Mense het nie eintlik gereis nie. Jy het naby die huis gebly – mense jou geken, jy plek gehad het om te slaap. Reis het gepaard gegaan met groot vrees beide geregverdigde vrese (soos die vir  rowers, wilde diere) maar ook verbeeldingsvrees, waar mense hulself bang gepraat het oor alles wat dalk mag gebeur. Jy het nie alleen gereis nie = algemene wysheid. So in ʼn seker sin was hierdie nie nuwe nuus vir die leser nie – ook seker nie vir ons nie. 2 is beter as een

Tog moet daar gereis word, ongeag wat jou reis mag wees. Vandag sit die Belydenisgroep, en die res van ons gemeente ons lewensreis voort. Die uitdaging is egter dat ons nie weet wat hierdie reis gaan behels nie. Vandag gee ons nog ʼn tree verder op hierdie onuitgetrapte pad: die road less travelled. En in hierdie pad moet ons belangrikheid van vriendskappe onthou om ons dag in en dag uit op hierdie reis te ondersteun: die gemeenskap waarvoor ons geroep is om in deel te neem.

Die gedeelte 4 stappe van wysheid vir my en jou om ons te help om in gemeenskap op hierdie reis:

Stap 1: 2 is beter – Twee is beter as een, want hulle het ’n goeie beloning vir hulle moeitevolle arbeid (ou vertaling) Goed = tema van Prediker. Die boek Prediker herinner ons dat ons in ʼn wêreld leef wat ontwerp is sodat ons die goeie kan ervaar. Ons moet dit net vind in ons daaglikse lewe.

Verder meer sê hierdie teks vind vir jou ʼn vriend waarmee jou inspanning tot iets kan kom. Vind iemand – Enige plek vir goeie beloning

Stap 2 – vv10 kry vriende om oor die struikelblokke/slaggate van die lewe te kom. Die Ou Vertaling:  want as hulle val, kan die een sy maat optel, maar wee die een wat val sonder dat daar ’n tweede is om hom op te tel. Wee die een… wysheid sê: “Neem nou stappe om slaggate in die toekoms te vermy.”

Hierdie fisiese pad waarvan die digter praat laat my dink aan die Barmhartige samaritaan – storie. Die styl pad van Jerigo tot Jerusalem. Op hierdie lewens reis is daar gevare en mense val. Die hartseer is dat ons mense mekaar dikwels nie help nie –  ons moet daardie barmhartige samaritaan wees. Ons is dies wat moet aksie neem. Ons, as gelowiges, IS die gemeenskap wat die ondersteuning moet bied.

Stap 3 – hierdie is veral gemik op die wat eensaam is. Slaap warm. Hierdie vers verwys nie werklik na ‘n huwelik nie eerder meer na iemand wat moes kamp langs die pad terwyl op reis is. Bv. As die son ondergaan, jy moet plek vind en daar is niks langs die pad. Dit raak koud in die aand so as jy alleen is, geen hitte, maar twee kan saam warm broei. Weer waarsku die prediker wee die een wat sonder ‘n reismaat is. Wees gewaarsku!

Hierdie vers spreek vir my tot ons om mekaar se dieper behoeftes aan te spreek, gebedsversoek, deel van behoeftes, om daar te wees vir ander wanneer hulle ‘n werklike ware probleem ervaar. Elkeen van ons wil graag iemand daar hê in sulke tye vir ons. Hoeveel keer neem ek en u die tyd om te belê in iemand anders. Ek weet daar is baie behoefte/behoeftiges, maar daar is net behoeftes aanspreek. Ten minste bid. Kom ons tree daar in.

Stap 4: Kry ‘n vennoot om saam jou te staan teen teenstanders.

NLV: Persoon wat alleen staan kan aangeval en oorwin word, maar twee kan rug tot rug staan en oorwin. Bietjie interpretatief, maar dit bring die gedagte oor van vandag se tema ons behoort saam, die  missie van ek sal jou rug dop hou en jy myne. Ons gaan uit in die wêreld en kort daardie gerusstelling

Die gedeelte eindig met ’n spreukwoord – wat ‘n uitroep teken is oor dit wat ons sopas gelees het. As 2 mense saam werk goed is,3 nog beter! 4! 5! Hoe meer netwerke van vriende ons het, hoe sterker die gemeenskap, hoe makliker en lekkerder gaan dit wees om hierdie onuitgetrapte pad te reis.

4 stappe van wysheid om God se ondersteuningplan vir ons uit te leef op hierdie road less travelled.

Besef dat jy deel is van ‘n geloofsgemeenskap, DIT IS JOU ROEPING, en WEES dan deel daarvan. Sluit aan by ‘n vriend om deur die probleme te werk, wees ‘n vriend om te help by diep behoeftes aan te spreek en staan by jou medegelowiges wat onder die aanvalle van die lewe gekniehalter word.

Elkeen van ons sit langs en om ons ondersteuningsspan..

Ons moet mekaar ondersteun. Besef ons IS HIER in ‘n gemeenskap, en die feit dat ons HIER IS(maak nie saak waar die hier is), gaan aanhou vir die res van ons lewens.

Dit is hoe God deur elkeen van ons werk om mekaar se behoeftes aan te spreek soos wat ons op hierdie road less travelled reis. Ons almal is SAAM op hierdie reis en ons moet dit besef.

Kom ons bid saam.

Gebed

Mag ons deel wees van mekaar se driedubbele tou en gebruik ons op hierdie road less travelled. Help ons om om ons te kyk en mekaar te troos en vertroetel, ondersteunhelp, verdedig, op te staan en te beskerm. Dankie vir vriende. Help ons om ook een te wees.

Annelet Slazus

Hier is die kleingroepmateriaal wat met dié preek saamgaan.

Hier is die dagstukkies wat met dié preek saamgaan.

     

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Genévieve Young

    |

    ASAP

    Ek is n 2de jaar Argitek student, van NMU.
    Ek is dringend opsoek na n tuinwoonstel.

    1 or 2 bedroom/s
    1 or 2 bathroom/s
    Kitchen
    1 or 2 Parking/s (secured)
    Space to work (medium space required)

    Kontak my groot asb.
    Genévieve Young
    060 6514 417
    Of Morné Young
    082 4211 984

  • Avatar

    Anita

    |

    So jammer ek het nie voorheen kommentaar gesien nie. Sy is geholpe. Dankie

  • Avatar

    Carla

    |

    Hi, is die woonstel nog beskikbaar?

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Elizabeth, jou vraag is relevant. Vir my gaan dit alles oor konteks. Die regte ding in die verkeerde konteks kan ‘n mens ontstel, terwyl in die regte konteks dit ‘n mens kan ophef. Die idee van Jesus as die Heer van die dans kan goed met sy eie opmerkings oor sy boodskap in hierdie teks verbind word. In ander kontekste kan dieselfde boodskap oor die dansende Jesus afbreek doen aan sy Goddelikheid. Groete.

  • Avatar

    Elizabeth

    |

    Dankie vir die preek..
    Ek het die lied in ‘n video gesien waar daar ballet gedans word met die ” Tema Dance with Me”. Dit was pragtig maar ek het gevoel dit pas nie.
    Was ek verkeerd?
    Ek het hulp gesoek en -Kom na My toe – en op hierdie preek afgekom.
    Baie dankie dit was verfrissend.
    Goeienag.
    Elizabeth