Barmhartigheid in ons omgewing

Daar is baie mense en instansies wat ons vrygewigheid benodig. Jy kan via ons gemeente of in jou persoonlike hoedanigheid betrokke raak. Finansiële en ander bydraes is altyd nodig, maar ook jou kennis, ervaring en tyd kan ‘n reuse-verskil maak!

MARANATHA
Net om die draai van ons (in Forest Hill) bedryf Maranatha verskeie projekte. Besoek hul webtuiste by www.pechurchnet.co.za/maranatha/home.htm. By Forest Hill is daar Youth Space, ‘n skuiling vir meisies. Daar is ook ‘n skuiling vir straatkinders (seuns). Siyakathala is ‘n oornag-verblyfplek waar mense vir R10 kan stort en skoon kan slaap. Hier is ook ‘n werkskeppingsprojek en opleiding word gegee in basiese arbeidsvaardighede. Kontak hulle by 041 586 0017

BARCELONA VOEDINGSKEMA
Die Barcelona voedingskema voed Dinsdae en Donderdae ongeveer 350 kinders tussen die ouderdom van 3 en 15 jaar met stampmielies en bone gemeng met groente (wortels, aartappels) tamatie-puree en vleis-bene. Op Woensdae word die fasiliteite (twee vraghouers) gebruik vir ‘n munisipale kliniek wat die gebied bedien. Elke sessie word vooraf gegaan deur sang en ‘n evangelisasie boodskap. Die aanbieders word opgelei deur “Street Evangelism”. By die jaarlikse Kersfunksie vir al die kinders word lekkernye en Kersgeskenke uitgedeel. Die volwassenes wat behulpsaam is kry ook ‘n Kerspakkie en ‘n maaltyd. Besoek hulle of raak betrokke: kontak die kerkkantoor by 041 583 5115.

BOSBEWONERS
‘n Aantal mense wat in die bos woon, word ondersteun met hul houtkap-projek. Hulle is aanvanklik van ‘n saag voorsien, maar het intussen heeltemal selfversorgend geraak. Tans word hulle gehelp met die vervoer en afset van die hout. Hulle word ook gehelp met die aanry van water, stortgeriewe by Die Willows en vervoer na kerk op Sondag-aande. Hulle het reeds 5 sae self aangekoop en is nou selfversorgend t.o.v. kos en petrol. As jy met hulle wil kontak maak, vra by die kerkkantoor.

Bosslapers buite Somerstrand word deur die kwartaal elke Woensdag met sop, brood en die evangelie bedien. Wanneer nodig, word mediese hulp gereël. Hulle word ook gehelp met dokumentasie soos Id-dokumente. Soms vind ons kinders in die bos wat nie skoolgaan nie of volwassenes wat weens omstandighede geen ander heenkome het nie. Familielede of plekke wat hul kan inneem word gesoek, daar word betaal vir hul aanvanklike verblyf by nuwe plekke en/ of vervoer na hulle familielede elders in die land. Kontak Hannes Marais 041 583 4550.

SYDENHAM
Twee maal per week neem van ons lidmate die verby-vervaldatum produkte van die Spar in Somerstrand na die ouetehuis in Sydenham. Dit sluit in vrugte, groente, brood, blikkies kos asook al die vorige aand se warm disse. Die 42 hulpbehoewende senior burgers se finansiële las word aansienlik hierdeur verlig. Kontak die Kerkkantoor.

ACVV
Kamvalethu is ‘n inval sentrum vir straatkinders (seuns). Hier leer hulle basiese vaardighede soos lees, skryf, higiëne, ens. Hulle kry kos en kan skoon kom. As daar wel ‘n huis is waarheen hulle kan terugkeer, word hierdie pro-ses gehelp met o.a. kospakkies. Kontak Elsje Nelson 041 583 2624.
Khayalethu is ‘n kinderhuis wat 36 kinders – almal voorheen straatkinders – huisves. Kontak vir Elsje Nelson.

CMR
Die CMR bied professionele dienste en ondersteuning aan mense in nood ten einde hulle lewenskwaliteit te verbeter sodat hulle tot hulle beste potensiaal kan funksioneer. Behoeftes word bekend gemaak in die gemeente-afkondigings en klere, kos, komberse en finansiële bydraes word geskenk en by die CMR kantore afgegee. Kontak Martie Coetsee 041 583 3500.

MASEKHANE
Kwazakhele Dienssentrum vir bejaardes ontmoet 3 keer per week. Hulle word besig gehou met handwerk, gesels, speletjies, uitstappies en etes. Aan die einde van die jaar word ‘n gesellige Kersfunksie in die kerk vir die bejaardes van die sentrum gehou deur ‘n Bybelstudiegroep. Kontak Johan McFarlane 041 583 3674.

MTR SMIT
MTR Smit Kinderoord se huis word verfraai, uitstappies gereël en kinders kreatief besig gehou. Die 16 dogters van Huis 9 word van persoonlike benodighede te voorsien. Kontak Charlene Brewis 041 583 5699.

BABAHUISE
Thand’usana versorg mishandelde en weggegooide babas, totdat daar vir hulle ‘n veilige, permanente heenkome gevind kan word. Kontak Audrey 082 455 55553. Nog so ‘n babahuis is Ithemba Lam. Kontak Alison Bricknell 084 606 8420.

ANDER PROJEKTE WAT ONS GEMEENTE ONDERSTEUN
Kruis Middestad Bediening versorg haweloses in die stad. Combined Christian Ministries to the Poor doen gemeenskapsontwikkeling en versorging. ‘n Werker sien om na die behoeftes van kinders by Dora Nginza. Die ACVV het ‘n werkskeppingsprojek by hul wassery. By die Oos-Kaap Kinderhuis en Protea Plek van Veiligheid word kinders versorg. Die Noodspens is nie-bederfbare kos wat by die kerk gehou word vir mense wat kom aanklop vir kos of lidmate wat nood het.

Daar is soveel maniere waarop ons elkeen betrokke kan raak. Elke klein bietjie maak ‘n verskil.

Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. So vergader hulle vir hulle ‘n skat as ‘n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry. 1 Timoteus 6:18-19

     

Trackback from your site.

Leave a comment

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Nee, Elmarie, jy hoef nie. Ons kan 250 mense akkommodeer. Skryf net in by die deure. Baie welkom.

  • Avatar

    Prof Elmarie Venter

    |

    More Ds Chris. Ons is 3 wat wil bywoon. Moet ons nog bespreek? Groete
    Elmarie

  • Vreesloos 1

    |

    […] Pinkster-reeks se titel vanjaar is “Vreesloos”– oor geloof in ‘n tyd waar ons bang […]

  • 21 Mei 2020

    |

    […] Pinkster-reeks se titel vanjaar is “Vreesloos”– oor geloof in ‘n tyd waar ons bang […]

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ons het vir baie lank ‘n versorgingskommissie gehad vir leraars en personeellede. Dit was persone in die gemeente wat gereeld op informele wyse met elkeen van ons kontak gemaak het, belanggestel het in wat in ons lewens aangaan, uitgevra het na uitdagings, en vir ons gebid het. Dit was benewens die diensverhoudingekommissie wat meer op die formele dinge gekonsentreer het. Die inperking het ‘n bietjie daaraan verander, maar dit was ‘n baie goeie informele sisteem van versorging.

  • Avatar

    Des Sampson

    |

    Goeie dag. Ek is voorsitter van die DVK op Hartenbos. Wat doen julle mbt die versorging van predikante en kantoor personeel?

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dit was Rethie van Niekerk se preek. Sy het in die preek verwys na die Hebreeuse woorde.

    Die eerste reël (seën) het drie woorde, dan vyf woorde, dan sewe woorde.  15, 20, 25 konsonante (onthou ʾ is ook ‘n konsonant).  11, 13, 16 lettergrepe (ek het weer getel, en dit is die korrekte aantal).

    24 yĕbārekkā yĕhwâh wĕyišmĕrekā
    25 yāʾēr yĕhwâh pānāyw ʾēlêykā wîyḥunekā
    26 yiśāʾ yĕhwâh pānāyw ʾēlêykā wĕyāśēm lĕkā šālôwm

    Hoop dit maak sin.

  • Avatar

    Annemarie vn Zyl

    |

    NUM 6; GOD SE SEEN, Goeiemore
    Ek het vanoggend hierdie Bybelstudie gedoen en dit was wonderlik. Die deel DIE TEKS verstaan ek egter glad nie. ek kry die aantal woorde reg maar glad nie die konsonante en lettergrepe nie. Ek verstaan ook nie die doel van hierdie deel nie, tensy jy wil bewys dat dit menslik amper onmoontlik is om die seen so te skryf, met die spesifieke aantal konsonante en lettergrepe sonder God se ingryping.. ek sal dit waardeer as iemand die deel in kort vir my verduidelik Baie dankie Annemarie van zyl.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie Corrie! Mooi jaar vir jou.

  • Avatar

    Corrie

    |

    Ds. Chris, soos altyd ń opbeurende en positiewe bydra deur U, vir die toepassing deur die kinders van God. Selfs hulle wat Hom nog nie as hul Saligmaker en Verlosser aangeneem het nie, sal baat by diė insetsel. Ek vra dat God se seën op U sal rus.

  • Avatar

    C Joubert

    |

    Inspirerende en besielende boodskappe

  • Avatar

    Sonja Lizemore

    |

    Beste Ds Chris.
    Net n GROOT DANKIE vir die liedere. Dit is baie spesiaal.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Carol, jy is reg, dit is ‘n kosbare insig! Ek het ook onlangs gepreek oor die inwonende Christus, as jy meer wil lees. Baie seën.

  • Avatar

    Carol

    |

    Baie dankie vir die eerste keer in my lewe besef ek nou wat my probleem is. Ek het nog nie vir JESUS in my ontdek nie dis geen wonder dat my verhouding met JESUS nêrens kom nie. Geen ontmoeting geen kennis of wysheid en GEEN GROEI.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Annelize – ons hou dienste in die kerkgebou (Louis Bothasingel 177, Somerstrand) om 09:00 Sondae tegelykertyd met ons Youtube erediens ook om 09:00. Ons het ook ‘n meer informele Youtube erediens – Pulse – wat van 11:00 af op ‘n Sondag beskikbaar is. Ter wille van die personeel se verlof sal ons DV van 27 Desember tot 24 Januarie nie fisiese eredienste in die kerk hê nie, net die Youtube erediens 09:00. Dié dienste word weer hervat van 31 Januarie af sowel as moontlik ‘n aanddiens om 18:30. As jy hier is, maak ‘n afspraak dat ons jou kan verwelkom. My sel is “nul agt twee 5749191”. Groete, Chris van Wyk.

  • Avatar

    Annelize

    |

    Helo ek trek end November PE toe v Grahamstad.
    Hoe werk kerkdienste by julle. Weens Covid. Is daar dienste of is Alles online.
    Baie dankie
    Annelize Brisley