Van watter rampe wat ons stad in onlangse tye getref het, het die Here julle bewaar?
Van watter gevare wat elke dag rondom ons plaasvind, het die Here julle tot dusver bewaar?
Gebed: Vra iemand om die Here te dank vir Sy beskerming en bid vir hulle wat getref is deur rampe en gevare.
HOOR EN ONTGIN
Lees verse 1-2: Die tempel was vir die Jode die sentrum van hulle geloof en godsdiens. Nou sê Jesus dit gaan van hulle weggeneem word. Wat is die sentrum van jou/ons geloof en wat sal gebeur as dit van jou/ons weggeneem word?
Lees verse 3-8: Baie mense vra vandag: Hoe kan ‘n liefdevolle God rampe en oorloë toelaat? Watter nut het die tekens van die tye?
Die boodskap van die Evangelie is liefde. Hoe is dit versoenbaar met die vervolging van gelowiges (verse 9-13)?
LEEF EN ONTPLOOI
Besluit as gesin of groep watter lewenswyse hierdie gedeelte van ons as gelowiges vra.
SONDAG – Vertel vir mekaar as gesin watter teks in die Bybel die week vir jou krag gegee het.
MAANDAG – Laaste kerkraadsvergadering van die jaar, Maandag 12 November. Dank die Here vir die werk wat die Kerkraadslede deur die jaar gedoen het.
DINSDAG – ‘n Nuwe president vir die land word in Desember aangewys. Bid dat die Here se wil sal geskied.
WOENSDAG – Lidmate word benodig vir die Tiener-Dissipelskap, Kategete en vir die span wat elke Sondag die eredienstoepassing vir die Graad 4-7’s in die ark doen. Bid dat die Gees mense sal lei om betrokke te raak. Kontak Rethie by 041 583 5115.
DONDERDAG – Nagmaal word gehou by Munro Kirk 12de, Dunantpark 14de en Krugertuine 16de. Bid dat dit vir elke Seniorburger ‘n ontmoeting met die Here sal wees sodat hulle versterk, vertroos en bemoedig word. Bid vir Dr Kobus Prinsloo wat dit hou.
VRYDAG – Die gemeente is die liggaam van Christus wat Hy wil opbou in die geloof. Hiervoor gebruik Hy ons leraars: Bid vir Ds Rethie van Niekerk, Dr Kobus Prinsloo en Ds Deon Loots vir gesondheid en voorbereiding vir die erediens.
SATERDAG – Bid dat onbetrokke lidmate die behoefte sal voel om die erediens by te woon.
Die NG Kerk Ring van Port Elizabeth waarby ons gemeente ingesluit, is betrokke by Anchor of Hope gemeente in Sentraal. Hulle het ook ‘n Nie-Winsgewende Organisasie, Anchor of Hope Community Development gestig wat ten doel stel om die sentrale stadsgedeelte van Port Elizabeth op te hef deur relevante programme en geleenthede soos Engelse-, Rekenaar- en Basiese Volwasse Onderrig -klasse aan te bied. Die droom van die gemeente is om ‘n volle multikulturele gemeente te wees wat lewens aanraak, ophef en verander deur die Here se genade. Hulle wil graag op Vrydag 16 November 09h00-11h00 ‘n ontbyt hou vir leiers en mense wat sou belangstel om betrokke te raak. Die idee is ook om van die leiers van die omliggende kerke in Sentraal uit te nooi om brûe te bou en ook ‘n uitnodiging te rig as hulle van persone in hul gemeentes weet wat by die opheffingsgeleenthede sou baatvind. Ek wil hoor of daar dalk mense van Somerstrand of Klema is wat saam ‘n span wil vorm om hierdie ontbyt vir hulle te kom maak en/of te borg. Skakel Ilse Terblanche by Tel 041-3673317 indien u kan help.
PADDAS SONDER BENE KAN NIE HOOR NIE: GELOOF IS AANSTEEKLIK
RUS EN ONTVANG
Ons tema Sondag is: “Geloof is aansteeklik” of “Faith is caught more than taught”. Identifiseer iemand wat jy ken wat die geloof dra: wat geloof aan ander leer deur hul optrede en menswees. Waaraan kan jy sien dat hulle die geloof dra?
HOOR EN ONTGIN
Lees Deut. 6:4-9
Wat tref jou in die gedeeltes? Deel dit met mekaar en gesels oor die teks.
Wat beteken dit om God lief te hê? Hoe weet ons dat ons hom liefhet? Hoe wys ons daardie liefde?
Kyk na al die verskillende tye wat daar oor geloof gepraat moet word. Hoekom, dink julle, word spesifiek daardie tye genoem? [Families:] dink aan praktiese goed wat julle by elkeen van daardie tye kan doen, sodat dit ‘n gewoonte kan raak om oor julle geloof te praat (bv. wanneer jou ouers jou kom haal by die skool, gesels oor wat God vandag in jou lewe gedoen het, of op pad skool toe, bid vir die dag se gebeure, ens.)
Kyk na die verskillende plekke waar die gebooie aangebring moet word. Wat, dink julle, simboliseer elkeen van daardie plekke?
LEEF EN ONTPLOOI
Met wie praat jy oor jou geloof? En met wie nié? Watter veranderinge moet jy aanbring om jou geloof (meer) aansteeklik te maak?
Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie!
Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.
Ons het vir baie lank ‘n versorgingskommissie gehad vir leraars en personeellede. Dit was persone in die gemeente wat gereeld op informele wyse met elkeen van ons kontak gemaak het, belanggestel het in wat in ons lewens aangaan, uitgevra het na uitdagings, en vir ons gebid het. Dit was benewens die diensverhoudingekommissie wat meer op die formele dinge gekonsentreer het. Die inperking het ‘n bietjie daaraan verander, maar dit was ‘n baie goeie informele sisteem van versorging.
Dit was Rethie van Niekerk se preek. Sy het in die preek verwys na die Hebreeuse woorde.
Die eerste reël (seën) het drie woorde, dan vyf woorde, dan sewe woorde. 15, 20, 25 konsonante (onthou ʾ is ook ‘n konsonant). 11, 13, 16 lettergrepe (ek het weer getel, en dit is die korrekte aantal).
NUM 6; GOD SE SEEN, Goeiemore
Ek het vanoggend hierdie Bybelstudie gedoen en dit was wonderlik. Die deel DIE TEKS verstaan ek egter glad nie. ek kry die aantal woorde reg maar glad nie die konsonante en lettergrepe nie. Ek verstaan ook nie die doel van hierdie deel nie, tensy jy wil bewys dat dit menslik amper onmoontlik is om die seen so te skryf, met die spesifieke aantal konsonante en lettergrepe sonder God se ingryping.. ek sal dit waardeer as iemand die deel in kort vir my verduidelik Baie dankie Annemarie van zyl.
Ds. Chris, soos altyd ń opbeurende en positiewe bydra deur U, vir die toepassing deur die kinders van God. Selfs hulle wat Hom nog nie as hul Saligmaker en Verlosser aangeneem het nie, sal baat by diė insetsel. Ek vra dat God se seën op U sal rus.
Baie dankie vir die eerste keer in my lewe besef ek nou wat my probleem is. Ek het nog nie vir JESUS in my ontdek nie dis geen wonder dat my verhouding met JESUS nêrens kom nie. Geen ontmoeting geen kennis of wysheid en GEEN GROEI.
Hi Annelize – ons hou dienste in die kerkgebou (Louis Bothasingel 177, Somerstrand) om 09:00 Sondae tegelykertyd met ons Youtube erediens ook om 09:00. Ons het ook ‘n meer informele Youtube erediens – Pulse – wat van 11:00 af op ‘n Sondag beskikbaar is. Ter wille van die personeel se verlof sal ons DV van 27 Desember tot 24 Januarie nie fisiese eredienste in die kerk hê nie, net die Youtube erediens 09:00. Dié dienste word weer hervat van 31 Januarie af sowel as moontlik ‘n aanddiens om 18:30. As jy hier is, maak ‘n afspraak dat ons jou kan verwelkom. My sel is “nul agt twee 5749191”. Groete, Chris van Wyk.
Helo ek trek end November PE toe v Grahamstad.
Hoe werk kerkdienste by julle. Weens Covid. Is daar dienste of is Alles online.
Baie dankie
Annelize Brisley
Chris van Wyk
| #
Nee, Elmarie, jy hoef nie. Ons kan 250 mense akkommodeer. Skryf net in by die deure. Baie welkom.
Prof Elmarie Venter
| #
More Ds Chris. Ons is 3 wat wil bywoon. Moet ons nog bespreek? Groete
Elmarie
Vreesloos 1
| #
[…] Pinkster-reeks se titel vanjaar is “Vreesloos”– oor geloof in ‘n tyd waar ons bang […]
21 Mei 2020
| #
[…] Pinkster-reeks se titel vanjaar is “Vreesloos”– oor geloof in ‘n tyd waar ons bang […]
Chris van Wyk
| #
Ons het vir baie lank ‘n versorgingskommissie gehad vir leraars en personeellede. Dit was persone in die gemeente wat gereeld op informele wyse met elkeen van ons kontak gemaak het, belanggestel het in wat in ons lewens aangaan, uitgevra het na uitdagings, en vir ons gebid het. Dit was benewens die diensverhoudingekommissie wat meer op die formele dinge gekonsentreer het. Die inperking het ‘n bietjie daaraan verander, maar dit was ‘n baie goeie informele sisteem van versorging.
Des Sampson
| #
Goeie dag. Ek is voorsitter van die DVK op Hartenbos. Wat doen julle mbt die versorging van predikante en kantoor personeel?
Chris van Wyk
| #
Dit was Rethie van Niekerk se preek. Sy het in die preek verwys na die Hebreeuse woorde.
Die eerste reël (seën) het drie woorde, dan vyf woorde, dan sewe woorde. 15, 20, 25 konsonante (onthou ʾ is ook ‘n konsonant). 11, 13, 16 lettergrepe (ek het weer getel, en dit is die korrekte aantal).
24 yĕbārekkā yĕhwâh wĕyišmĕrekā
25 yāʾēr yĕhwâh pānāyw ʾēlêykā wîyḥunekā
26 yiśāʾ yĕhwâh pānāyw ʾēlêykā wĕyāśēm lĕkā šālôwm
Hoop dit maak sin.
Annemarie vn Zyl
| #
NUM 6; GOD SE SEEN, Goeiemore
Ek het vanoggend hierdie Bybelstudie gedoen en dit was wonderlik. Die deel DIE TEKS verstaan ek egter glad nie. ek kry die aantal woorde reg maar glad nie die konsonante en lettergrepe nie. Ek verstaan ook nie die doel van hierdie deel nie, tensy jy wil bewys dat dit menslik amper onmoontlik is om die seen so te skryf, met die spesifieke aantal konsonante en lettergrepe sonder God se ingryping.. ek sal dit waardeer as iemand die deel in kort vir my verduidelik Baie dankie Annemarie van zyl.
Chris van Wyk
| #
Dankie Corrie! Mooi jaar vir jou.
Corrie
| #
Ds. Chris, soos altyd ń opbeurende en positiewe bydra deur U, vir die toepassing deur die kinders van God. Selfs hulle wat Hom nog nie as hul Saligmaker en Verlosser aangeneem het nie, sal baat by diė insetsel. Ek vra dat God se seën op U sal rus.
C Joubert
| #
Inspirerende en besielende boodskappe
Sonja Lizemore
| #
Beste Ds Chris.
Net n GROOT DANKIE vir die liedere. Dit is baie spesiaal.
Chris van Wyk
| #
Hi Carol, jy is reg, dit is ‘n kosbare insig! Ek het ook onlangs gepreek oor die inwonende Christus, as jy meer wil lees. Baie seën.
Carol
| #
Baie dankie vir die eerste keer in my lewe besef ek nou wat my probleem is. Ek het nog nie vir JESUS in my ontdek nie dis geen wonder dat my verhouding met JESUS nêrens kom nie. Geen ontmoeting geen kennis of wysheid en GEEN GROEI.
Bybelskool » Die verhaal van die kerk – Paulus versit berge
| #
[…] Wanneer weet ‘n mens wat is waarheid? – Handelinge 16:6-18:23 […]
Bybelskool » Die verhaal van die kerk – Paulus versit berge
| #
[…] Liefde is … 1 Korintiërs 13 […]
Bybelskool » Die verhaal van die kerk – Paulus versit berge
| #
[…] Jou onsigbare Vriend – Kolossense 1 […]
Chris van Wyk
| #
Hi Annelize – ons hou dienste in die kerkgebou (Louis Bothasingel 177, Somerstrand) om 09:00 Sondae tegelykertyd met ons Youtube erediens ook om 09:00. Ons het ook ‘n meer informele Youtube erediens – Pulse – wat van 11:00 af op ‘n Sondag beskikbaar is. Ter wille van die personeel se verlof sal ons DV van 27 Desember tot 24 Januarie nie fisiese eredienste in die kerk hê nie, net die Youtube erediens 09:00. Dié dienste word weer hervat van 31 Januarie af sowel as moontlik ‘n aanddiens om 18:30. As jy hier is, maak ‘n afspraak dat ons jou kan verwelkom. My sel is “nul agt twee 5749191”. Groete, Chris van Wyk.
Annelize
| #
Helo ek trek end November PE toe v Grahamstad.
Hoe werk kerkdienste by julle. Weens Covid. Is daar dienste of is Alles online.
Baie dankie
Annelize Brisley
Bybelskool » Die verhaal van die kerk – Paulus versit berge
| #
[…] Die verhaal van die kerk – Paulus versit berge […]