Aswoensdag en die vas

Klik op prentjie om te vergroot

Vandag is Aswoensdag, die begin van die 46 dae voor Paassondag.  Hierdie tyd staan in die kerk bekend as “Lydenstyd” en is ‘n tyd van selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, Bybelstudie en diensbaarheid – selfs meer as normaalweg.  Dit is ‘n tyd van verootmoediging en soeke na God.

Baie Christene kies om in Lydenstyd vir 40 dae te vas.  ‘n Mens was nie op Sondae nie, want ons vier elke Sondag Jesus se opstanding.

“Vas is om jouself te ontsê van jou normale gebruike, om sodoende doelbewus na God te draai in gebed. Deur gehegdhede en begeertes na die oppervlak te bring, maak dit  ‘n plek vir gebed oop. Hierdie fisiese bewustheid van leegheid is die herinnering aan Jesus wat alleen kan bevredig,” skryf Adele Calhoun.

Die ongerief en ongemak van vas ontbloot dus ons gehegdhede.  Elke keer wat ons die ongemak beleef, gebruik ons dit as geleentheid vir self-ondersoek, gebed en verootmoediging.  Sodoende help hierdie dissipline ons om gefokusd deur die dag – en die hele tydperk van vas – te bid.

Een voorstel wat jy gerus kan oorweeg, is om vanjaar te vas van plastiek.  Hier bo is ‘n kalender met daaglikse voorstelle vir hoe om die gebruik van plastiek in jou lewe te verminder.  So kan jy bv. kies om nie plastiek inkopiesakke te gebruik nie, nie groente in plastieksakke te koop nie, ens.  As jy vanjaar kies om op hierdie manier te vas, help ons om bewus te raak van die manier waarop ons gulsigheid ook ons planeet vernietig.

Mag hierdie Lydenstyd jou tot ‘n dieper bewussyn van God se genadige liefde bring.

     

Tags: , , ,

Trackback from your site.

Leave a comment

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Diederiks, ek het self dit nou weer gelees. Dit is darem net só fundamenteel tot ons hele verstaan van die werklikheid. Ek is só dankbaar dat ek die waarheid ontdek het. Seën vir jou!

  • Avatar

    Diederiks van Zyl

    |

    Baie dankie vir hierdie preek oor die “Solas”, veral “Sola Sriptura”.

  • Avatar

    Rethie van Niekerk

    |

    Hallo Marita. Ai, jammer dat jy moes sukkel! Ons het wel toilette vir gestremdes, met o.a. ‘n handvatsel teen die muur. Dankie dat jy ons daarvan bewus maak dat dié toilette nie duidelik gemerk is nie! Ons sal plan maak!

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Marita. Dit is ‘n goeie idee. Ons sal aandag gee. Dankie!

  • Avatar

    Marita Kotze

    |

    Ek is bejaard, nie heeltemal rolstoel gebonde nie, maar sukkel om van ‘n lae toilet af op te staan. Ek het Dinsdagaand se pragtige musiek konsert baie geniet, maar moes hulp vra om van sie toilet af op te kom. Tuis kan ek op die bad se rand druk om op te staan. Dit het nie vir my gelyk of u maklik ‘n toilet vir gestemdes kan installer nie, maar vir mense soos ek kan ‘n handvatsel teen die muur of sels ‘n ingeboude toiletrol houer of selfs ‘n stewige houer vir gebruikte sanitere dovekies groot verleentheid bespaar. Baie dankie,
    Marita Kotze