• Home
  • Didage
  • Alpha Huwelikskursus – 1ste kwartaal 2010

Alpha Huwelikskursus – 1ste kwartaal 2010

Hierdie praktiese huwelikskursus gee vir elke getroude paartjie die hulpmiddels vir die bou van ‘n sterk en gesonde huwelik wat ‘n leeftyd hou. Oor 8 weke gesels egpare oor belangrike sake wat maklik in die gejaag van die daaglikse lewe nie aandag kry nie. Onderwerpe sluit in: sien mekaar se behoeftes raak; leer om effektief te kommunikeer; hanteer konflik; genees seerkry uit die verlede; weet hoe om mekaar geliefd te laat voel; ouers en skoonouers; goeie seks; maak tyd vir mekaar en hê pret saam.

Elke paartjie se privaatheid word gerespekteer. Daar is geen groepsbespreking nie enniemand hoef enigiets oor hul verhouding bekend te maak nie. Elke aand begin met ‘n kerslig-ete. Daar is ‘n video-praatjie, gevolg deur ‘ngeleentheid om die onderwerp as paartjie te bespreek.

Vir wie is dit?

Dis vir elke getroude paartjie wat ‘n sterk verhouding wil bou, veral:

  • diegene wat hul huwelik wil verryk;
  • mense in die eerste 5 jaar van getroude lewe;
  • die wat uitdagings beleef, soos bv. die geboorte van ‘n eerste kind, “leë-nes sindroom”, beroepsverandering;
  • diegene wat met bepaalde sake in hul huwelik worstel.

Koste: R100 per paartjie vir die werkboek en R30 weekliks per persoon vir die etes.

Deon Binneman begelei dit.

Dit begin 27 Januarie 18:00

     

Trackback from your site.

Leave a comment