5×12 11-17 Okt gebed

Ons bid elke dag om 12:00 vir 5 minute, net waar ons is. 

11 Oktober

  • Gee jou bekommernisse aan die Here oor.  Bid vir die genade om altyd in afhanklikheid van die Gees te leef. 
  • Bid vir die Finansiële kommissie, wat besig is om volgende jaar se begroting op te stel.  Bid ook vir die Bedieningsraad, Diensverhoudinge en Klub 65 komitee.  Bid dat die Here hierdie leiers sal lei en dat hulle hul werk in afhanklikheid van die Gees sal verrig.
  • Bid vir die matrieks.  Bid dat hulle die laaste rukkie van hul skoolloopbaan sal geniet – matriekafskeid, ens.  Bid ook vir hul voorbereidings vir die eksamen.  Bid dat die Here vir hulle ‘n toekoms sal gee, dat hulle in afhanklikheid van en in gehoorsaamheid aan Hom sal leef tot Sy eer. 

 

     

Trackback from your site.

Leave a comment