Versorging

Volgens 1 Kor 12 is die gemeente ‘n liggaam en Christus is die hoof. Die lede van die liggaam moet mekaar versorg en dien met die gawes wat die Heilige Gees aan elkeen gee. Ons sal nie ons roeping in die wêreld kan vervul as die liggaam onversorg en swak is nie, daarom moet ons na mekaar omsien. Deur dit te doen, raak ons ook al hoe meer bekwaam ons diegene buite die gemeente te versorg en dien.

Die versorging van lidmate binne die gemeente behels die volgende:

  • huisbesoeke aan lidmate wat ‘n behoefte daaraan het
  • siekebesoeke aan mense in die hospitale en tuis
  • gelukwensings aan lidmate wanneer hulle verjaar
  • bediening aan lidmate wat iemand aan die dood afgestaan het
  • bediening van verversings tydens begrafnisse
  • bediening aan ervare lidmate in die aftreeoorde en tuis in die vorm van besoeke en hulp by byeenkomste, eredienste en Klub 65 met tee en verversings
  • besoeke aan die inwoners van Cheshire Homes

Lidmate wat belangstel om by een van hierdie bedieninge betrokke te raak, kan vir Kobus Prinsloo by 0788032877 skakel of ‘n e-pos stuur aan kobus@somerstrandgemeente.co.za

Lidmate wat belangstel in siekebesoeke en die bediening aan die inwoners van Cheshire Homes, sal opleiding ontvang.

     

Leave a comment

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    webmeester

    |

    Hi Jan. Die Here se Woord bly lewend en kragtig. In my eie herlees van hierdie preek het die Here self weer met my gepraat! Seën.

  • Avatar

    Jan Knoetze

    |

    Hierdie boodskap het my vanoggend weer hoop gegee. Ek het reeds besluit om op te gee met my roeping, nou vra ek weer die vraag; waar wil ons Here my hê? Dankie en God bless.

  • Avatar

    Tilla

    |

    Ons sien uit na lekker kuier!

  • Avatar

    webmeester

    |

    Dankie!

  • Avatar

    Mariette

    |

    Sowaar “food for thought”!
    Baie dankie…