Verhoudinge

Tuiskoms

Ons verwelkom almal en gee vir mekaar om. Daarom fokus ons daarop om ruimtes te skep waar almal kan tuiskom.

Leraar: Rethie van Niekerk (041 583 5115)    Ouderling: Jurie Jurgens  (041 813 2866)

Lighthouse

Ons tiener bediening se visie is om die liefde en genade van ons Here uit te straal vir die wêreld  soos wat ‘n lighuis sy lig uitstraal vir almal om te sien. Kontak Morag Pieterse of Annelet Slazus

Koffiekroeg en Koffiekroegie

Vrydagaand koffiekroeg vir ons jongmense vir lekker lawwe kuiers waar ons lag, speel, sing  en voluit as jongmense vir die Here leef. Kontak Jan Coetzer of Annelet Slazus

Studente

Ons studente bediening skep ’n tuiste waar studente saam kuier, dien en groei. Aktiwiteite soos kampe, sportdag, sokkies en fietstoer word aangebied.  Kontak Dane Brand (072 038 5202) of Rethie van Niekerk (041 583 5116).

Om-en-om (Jong werkendes)

Hierdie groep werkende jongmense is ’n informele sosiale groep van verskillende kerke wat saam staptogte onderneem en gereeld saam kuier. Kontak Justine Stanton (076 024 6978).

Tiramisú

Tiramisù is ’n ‘n vars, nuwe manier om ‘n verskil in die gemeente te maak, waar ons mekaar kan leer ken en met entoesiasme gemeentewees kan uitleef. Samekomste word maandeliks deur die kwartaal aangebied. Kontak Mariette Rossouw (041 583 05453).

Klub 65

Maandelikse byeenkomste vir ervare lidmate waar ons vriendskappe en die lewe saam deel. Kontak of Sandra Pauw (041 583 1510).

Kermis

Ons jaarlikse kermis is, behalwe die insamel  van fondse, die plek waar ons hele gemeente saam kuier. Kontak Robert Blignault (082 829 3806).

Huishulpe

’n Groep huishulpe kom elke Donderdagaand om in die konsistorie saam waar hulle saam sing, bid, kuier en naaldwerk doen.  Kom kuier saam, help ons met opleiding of skenk materiaal en toerusting. Kontak Minnie Janse van Rensburg (041 583 4012).

Inskakeling van nuwe lidmate en onbetrokke lidmate

’n Nuwe proses vir alle lidmate waarin elkeen geleentheid kry om hulle betrokkenheid by die gemeente in terme van eredienste, kleingroepe, bediening. Kontak Chris van Wyk (041 583 5116).

Versorging

Ons as gemeente is aan mekaar verbonde soos die lede van ‘n liggaam.  Ons het die verantwoordelikheid om na mekaar om te sien en mekaar te versorg, veral wanneer sommige swaar kry.  Lidmate wat ‘n deernis het vir mense wat swaar tye beleef, kan gerus by hierdie bediening aansluit.

Leraar: Kobus Prinsloo (078 803 2877)   Ouderling: Christine Veldsman (041 583 3341)

Verwelkoming van nuwe intrekkers

Ons is op soek na iemand om hierdie bediening te lei.

Siekebesoek

Hierdie span reël kaartjies van bemoediging en besoeke aan siek lidmate en is ook verantwoordelik vir die versorging van lidmate met ernstige langdurige siekte. Ds. Kobus Prinsloo werk nou saam met hierdie span. Kontak Christa Marais (041 583 4550) of Kobus Prinsloo (078 803 2877) indien jy by hierdie bediening betrokke wil raak, weet van iemand wat siek is of self ’n siekebesoek wil ontvang.

Verjaarsdagkaartjies

Kaartjies word aan lidmate bo 65 jaar gestuur. Kontak Edda Prins (072 480 0927).

Begrafnisbediening

Hierdie groep bied ondersteuning en bedien verversings tydens begrafnisse. Kontak Joan Burnell (072 757 3100).

Weduwee omgeegroep

Hierdie groep ondersteun en begelei weduwees, veral in die eerste ruk na hul gade se afsterwe. Kontak Christine Veldsman (041 583 3341).

     

Leave a comment

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    webmeester

    |

    Hi Jan. Die Here se Woord bly lewend en kragtig. In my eie herlees van hierdie preek het die Here self weer met my gepraat! Seën.

  • Avatar

    Jan Knoetze

    |

    Hierdie boodskap het my vanoggend weer hoop gegee. Ek het reeds besluit om op te gee met my roeping, nou vra ek weer die vraag; waar wil ons Here my hê? Dankie en God bless.

  • Avatar

    Tilla

    |

    Ons sien uit na lekker kuier!

  • Avatar

    webmeester

    |

    Dankie!

  • Avatar

    Mariette

    |

    Sowaar “food for thought”!
    Baie dankie…