Posts Tagged ‘preke’

Paasfees 2017 Preek Kolossense 3

As jy iemand wil leer ken, wil weet wie hulle is en wat hulle laat tiek, dan wil jy altyd hulle storie leer ken.  Want jou storie – waar jy vandaan kom, wie jou mense is, wat in jou lewe met jou gebeur het – sê wie jy is.  Dit bepaal tot ’n groot mate jou waardes, jou keuses.  Ek is bv. gebore in Kimberley.  Ek het my hele skoolloopbaan op platteland deurgebring.   Ek het op Stellenbosch studeer, so ek is ’n Matie.  Maar eintlik moet jy verder teruggaan in my storie as jy my wil ken.  My ouma en oupa was nie geleerde mense nie.  Hulle het hard gewerk sodat my pa kon gaan leer.  Ons familie ag vandag harde werk en geleerdheid hoog.

Die storie van Paasfees, is ons storie.

Continue Reading

Hulle het hulle heelhartig toegelê

 

Eredienste vir die vierde kwartaal 2008 Hulle het hulle heelhartig toegelê - graphic van Jaco Potgieter wat werk met Calvyn se

God wil elke gelowige in ons gemeente inspireer om geestelik te groei. Die droom van ons gemeente is immers dat almal van ons met vreugde lewe en met liefde dien vanuit ‘n vaste geloofsverbintenis met Jesus Christus ons Hoof.
Mense groei egter geestelik op verskillende wyses. Ons wil daarom in die vierde kwartaal fokus op vier katalisators van geestelike groei wat
navorsing wys mense die meeste hiermee help. Dit sal voorkom dat jy
stagneer in jou geestelike lewe. Jy sal ook saam met ons al hoe meer
die kerk as ‘n platform vir diens kan begin benut. Die potensiaal van
Christus-gesentreerde mense is immers ontsaglik groot en ons wil ruimte
daarvoor skep!  Lees hier meer oor dié navorsing.

Die temas vir die verskillende Sondae is as volg:

  • 12 OKTOBER   – WAAR IS JY?
  • 19 OKTOBER   – VOLG MY!
  • 26 OKTOBER   – DIE VANILLA FAKTOR
  • 2 NOVEMBER   – DIE CONNECT FAKTOR
  • 9 NOVEMBER   – DIE PLATO FAKTOR
  • 16 NOVEMBER – DIE TRAMPOLIEN FAKTOR
  • 23 NOVEMBER – DIE MOMENTUM FAKTOR
  • 30 NOVEMBER – KERSANGDIENS

Vir elke erediens word daar hulpmiddels ontwikkel. Jy kan dit gebruik:

  • vir persoonlike nadenke,
  • vir kleingroepbyeenkomste,
  • vir gesprek met geestelike vriende en
  • vir huisgodsdiens.

Alles sal ook weekliks op hierdie webtuiste verskyn sodat jy kan bybly waar jy ook al op die aardbol rondreis. Op die blog kan jy ook deelneem aan gesprekke oor die weeklikse temas.

Mag van ons toenemend waar word, wat Lukas van die eerste gemeente in Jerusalem gesê het (Handelinge 2:42): “Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid … “

Continue Reading

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Tilla

    |

    Ons sien uit na lekker kuier!

  • Avatar

    webmeester

    |

    Dankie!

  • Avatar

    Mariette

    |

    Sowaar “food for thought”!
    Baie dankie…

  • Avatar

    Mariette

    |

    Dankie Rethie. Ja, dit is beslis anders en maak ‘n verskil om dit te weet.

    Ek het vir Marie en Alf Kruger in UK die ‘link’ vir jou preek gestuur. Hulle gaan deur ‘n moeilike tyd met sy gesondheid. Sy sê in ‘n e-pos:
    Baie dankie, het pas die preek gelees. Goeie preek. Sal weer en weer.
    Ons sê vir mekaar ons moenie so verstrengel in ons stryd nou raak, dat ons nie rondom ons die goeie sien nie. Sluit so goed aan by Rethie se preek.

  • Avatar

    Rethie van Niekerk

    |

    Mariette, die 1953 Vertaling van vers 26 is ‘n direkte vertaling van die Hebreeus: “die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.” Die 1983 vertalers het “aangesig verhef” geïnterpreteer as “gebede verhoor”.