Posts Tagged ‘Pinkster 2009’

Handelinge 6:1-7 – Jerusalem steek grense oor deur om te gee vir behoeftiges – 25 Mei 09 – Pinkster 3

Laai hier die mp3 klankbaan af.

Terugvoer

Ons leer deur ons eie stories te vertel.

Blote kennis help nie regtig baie ver nie.  ‘n Mens moet saam met die kennis en in afhanklikheid (houding) van die Gees vaardighede aanleer, soos om te let op die mense wat oor jou pad kom.  Soos jy dit inoefen en dit ‘n gewoonte raak, so begin jy leer hoe dit werk om oor grense te gaan.  En die wonder is dat só ‘n gewoonte vir ander ook geleer kan word (oordraagbaar).

Dink eers alleen na oor jou kontak met mense vandag.

Lys almal wat jy kon groet, waar jy oor ‘n grens kon gaan, waar jy ingenooi is in hulle lewe of huise of kantore, en jy die geleentheid gehad het om aan ‘n dieper verhouding te bou.

o   Vanoggend

o   Vanmiddag

Sommige sal baie kontakte gehad het en ander minder.  En dit is heeltemal OK.  As jy niemand regtig kon groet nie, of daar nie grense oorgesteek is nie, dink dan oor mense wat jy graag môre sou wou groet.

Dit kan iemand wees wat vreemd was of jou uit jou gemaksone uitgeneem het.

Vertel vir mekaar die storie van jou ontmoeting met die persoon(e).

Konsentreer veral op hoe dié ontmoeting JOU geruk of getroos of geseën het.  Vertel dit asof hy/sy nou by julle is.  Onthou die waardes van leerbaarheid, vertroue, deernis en openheid.

Dink na hoe God jou voorberei het vir die ontmoeting met die persoon (oop/kwesbaar).

Ek gaan tyd gee vir 3 persone om met ons te deel wat gebeur het – en wat julle geleer het van die Gees wat ons oor Grense stuur.

Skriflesing

Lukas, die enigste “heidense”  skrywer in die Bybel, skryf twee boeke in die Nuwe Testament: die Evangelie van Lukas en die Handelinge van die Apostels.

In die Evangelie van Lukas vertel hy die verhaal van die evangelie wat alle Jode bereik.

In die Handelinge van die Apostels vertel hy die verhaal van die evangelie wat alle kulture bereik.

Dit begin in Jerusalem, bereik die Griekse Jode, sprei dan na Samaria en bereik die baster-Jode.  ‘n Ethiopiese Jood volg, waarna die evangelie eenvoudige die kulturele en etniese walle oorspoel en regdeur Asië tot in Europa versprei.  Pragtig om te sien hoe die verhaal in Jerusalem begin en in Rome eindig – van Joodse hoofstad tot Wêreld hoofstad.

Die storie wat ons gaan lees is eintlik die hoogtepunt van die gemeente Jerusalem se geskiedenis.  Hierna sou dit baie moeiliker gaan, omdat daar ‘n grootskaalse vervolging sou uitbreek en die lidmate oor die hele wêreld versprei is.  Van ‘n grens-oorsteek-kant is dit natuurlik positief, maar van ‘n gemeente funksionering kant baie moeilik om te hanteer.

Op ‘n manier het dié gemeente uiteindelik gesterf sodat ander die lewe kon hê.

Kom ons lees Handelinge 6:1-7.

Woordverkondiging

Uitbreiding

Die gemeente het geweldig uitgebrei – meer as 5 000 Jode het al by die gemeente aangesluit (4:4).  Hulle het wel verskeie kere konflik belewe met die Joodse Raad wat hulle gedreig het (hfst. 3-5) – dit was immers ‘n beweging wat ‘n mens nie kon afmaak as van verbygaande aard nie –  maar die gelowiges kon nog ongehinderd  voortgaan met hulle daaglikse byeenkomste by die tempel, die maaltye wat hulle met blydskap en in alle eenvoud van huis tot huis geëet het en die lofprysing wat hulle tot God gesing het (2:46).

Mededeelsaam

Hulle het ook al konflik beleef met Ananias en Saffira wat gelieg het oor die hoeveelheid geld wat hulle juis vir die onderlinge versorging gegee het, maar dit is uitgesorteer, nogal brutaal (hfst. 5).  Daar het ‘n ongelooflike mededeelsaamheid geheers: mense het hulle besittings nie net vir hulleself gehou nie, maar daarvan verkoop, en die geld vir die apostels gebring om uit te deel volgens elkeen se behoefte (4:35).

Maar gou het ‘n volgende probleem sy kop uitgesteek: die Griekse weduwees is afgeskeep en ongelyk behandel met die Joodse weduwees in hierdie onderlinge versorging (hfst. 6).

‘n Bietjie agtergrond.

Hellenistiese weduwees

Die Griekssprekende gelowiges (ook Helleniste genoem) was buitelandse Jode wat hulle in Jerusalem kom vestig het, maar steeds Grieks gepraat het.  Hulle was ook baie keer meer bejaard, hulle het daar kom aftree, en daarom was ‘n hele paar van hulle weduwees.  Weens hulle ouderdom was hulle getalle miskien ook meer as die Joodse Hebreeuse weduwees.  Die buitelandse Jode het selfs hulle eie sinagoges gehad, soos ons in hoofstuk 7 lees, hoewel die Griekse Jode waarvan ons hier lees, nou natuurlik deel van die gemeente van Jerusalem geraak het.

Interessant is dat die woord dissipels of leerlinge eintlik hier gebruik word – μαθητῶν.  Dit word hierna in Handelinge die algemene woord waarmee alle gelowiges beskrywe is, anders as in die Evangelies waar dit net vir die 12 dissipels gebruik is.  Later sou in Antiochië die naam Christene ook gebruik word, volgelinge of dissipels van Christus wat die algemene naam vir gelowiges in die wêreld geword het.

Joodse weduwees

Die Hebreeussprekende gelowiges weer was inheemse Jode, wat gebore en getoë is in Jerusalem en omstreke.  Eintlik het hulle natuurlik Noordwes-Aramees gepraat, hoewel Lukas van hulle as Hebreërs praat.

Hulle het die meeste invloed gehad in die gemeente.  Daarom was dit eintlik net natuurlik dat die Jode, dit lyk asof dit eintlik die apostels was, eerste gesorg het vir hulle eie weduwees, hulle het hulle ook seker beter geken, en sodoende ongelukkig die Griekssprekendes se weduwees afgeskeep het.

Versorging van weduwees

Nou voordat julle dink dat dit ‘n storm in ‘n teekoppie was:

Die versorging van weduwees was baie belangrik in die antieke tyd, omdat weduwees nie ‘n eie inkomste gehad het nie en totaal uitgelewer was aan hulle families en die gemeenskap.  Die Jode het selfs ‘n sisteem gehad dat ‘n arm mens op ‘n Vrydag 14 etes kon gaan haal het vir die komende week, juis om vir sulke gevalle te begroot. Maar die Christen-gelowiges kon nie meer dié diens gebruik nie.

Die buitelandse Griekse weduwees was nou uitgelewer aan die wyse waarop die inheemse Joodse gelowiges die kos versprei het.  Dit wil voorkom asof hierdie daaglikse versorging (vers 2) in die huise van ryker gelowiges plaasgevind het.  Die woord wat vir versorging gebruik word, is letterlik eintlik die bediening van die tafels.  Van die woord bediening (διακονία) word ons woord vir diakens afgelei, hoewel die woord ook vir die bediening van die woord gebruik word.

Sewe mans word gekies

Die gemeente maak dus ‘n plan:

Die apostels maak kapsie teen hulle eie betrokkenheid daarby, omdat dit hulle tyd so in beslag geneem het, dat hulle nie meer genoeg aandag kon gee aan die gebed (die soek en onderskeiding van God se wil) en die bediening van die woord nie.

Hulle moes dus ‘n keuse maak – hulle bedien óf die tafels, óf hulle bedien die woord.

Die hele gemeente word daarom bymekaar geroep om die saak uit te pluis en ‘n ander reëling te kry.

Hulle besluit om sewe mans te kies, wat 1) bekend moes wees – d.w.s. ‘n mate van gesag moes hê – 2) hulle moes vol van die Heilige Gees wees – dit is ‘n term wat gereeld gebruik word in Handelinge – en 3) hulle moes wysheid hê – hier word heel moontlik gedink aan praktiese wysheid.

Die sewe (lyk na ‘n amptelike titel – vgl. Filippus wat in Hand 21:8 as “een van die sewe”  aangedui word) het almal Griekse name, wat heel moontlik beteken dat hulle Helleniste was, d.w.s. buitelandse Griekse Jode, en met hulle aftrede in Jerusalem in die Here Jesus begin glo het.  Die enigste uitsondering is moontlik Nikolaus, wat ‘n Antiochiër van geboorte was wat die Joodse geloof (hulle is proseliete genoem) en daarna die Christelike geloof aangeneem het.

Interessant is dat die Joodse stadsbestuur uit sewe mans bestaan het, wat moontlik kan verklaar hoekom daar nou juis sewe gekies is. Of miskien is dit maar net die feit dat 7 as ‘n heilige getal bekend gestaan het.  Navorsing het in elk geval gewys dat 7 ‘n optimum getal is vir ‘n groep, omdat die verbindingslyne onderling dan nog hanteer baar is.

Hande opgelê

Die sewe word die hande opgelê om hulle vir hulle taak toe te rus.  Dit was ‘n ou gebruik.  Ons lees bv. van Moses wat Josua die hande opgelê het toe die leierskap na Josua oorgedra is (vgl Num 27:23; Deut 34:9).  Die volk het ook die Leviete die hande opgelê met hulle toewyding (Num 8:10).  Met die uitstuur van die eerste sendelinge in Handelinge 13, Saulus en Barnabas, doen die gemeente dit weer (13:3).

En die krisis is afgeweer.

Later sou Paulus verdere riglyne neergelê vir hoe gemeentes weduwees moes hanteer (1 Tim. 5:3-16), wat die wyse waarop gemeentes na behoeftiges uitreik, verdere rigting gegee het.

Lukas sê: die woord van God het verder versprei, die getal gelowiges in Jerusalem het geweldig toegeneem, selfs ‘n groot aantal priesters het gelowig geword – hulle word ‘n mega-gemeente!

Wat leer ons hieruit vir ons eie oorskryding van grense?

1.  Ons moet grense in eie geledere oorsteek

Handelinge 6 is die afsluiting van die eerste fase van die uitbreiding van die evangelie na Pinkster, wat in 6:8 nou ‘n volgende grens, dié na Samaria en Afrika, gaan oorsteek.  Dit is dus baie insiggewend dat dié verhaal juis hier vertel word.

Dit is amper asof Lukas wil sê, mense, julle kan nie evangelie oor die volgende grens neem, as julle nie bereid is om die grens binne julle eie geledere eers oor te steek nie, dié grens tussen die Hebreeussprekendes en die Griekssprekendes, meer spesifiek rondom die versorging van die weduwees.

Ek weet nie watter behoeftes die Here op jou hart lê nie.  Maar wat dit ook al mag wees, dit is dié behoeftes waarvoor ons grense moet oorsteek.

Een grens wat ek vermoed ons al so gewoond geraak het, is die grens tussen Klema en Somerstrand gemeente.  Dit is wonderlik dat ons Pinkster saam vier.  Maar dit is regtig die enigste tyd in ‘n jaar wat daar sinvolle kontak tussen ons onderskeie lidmate is.  Ons vergaderings het die minimum kontak weens ‘n ongelyke verteenwoordiging.

Het dit nie tyd geword dat ons met meer moeite die grense onderling na mekaar oorsteek nie?

Om dit te kan doen, sal ons moet leer hoe om brugbouers te word.

2.  Die Here vra van ons om brugbouers te word

Hierdie manne was brugbouers, nie diakens, soos baie maal aangevoer word nie. Hulle bou brûe tussen die Grieke en die Jode in die versorging van die weduwees.

‘n Mens sien dit ook in die optredes in die volgende paar hoofstukke.

  • Stefanus slaan die brug oor na die vrygelate slawe, dit was Jode wat van Noord-Afrika en Egipte af gekom het, maar dit lei tot teenstand en uiteindelik steniging deur die Joodse Raad.
  • Filippus word egter nie daardeur afgeskrik nie: en hy bereik Samaria en Ethiopië, maar daaroor meer volledig môre-aand.

En let op hoe die Gees verskillende strategieë gebruik – as die swart slawe uit Noord-Afrika en Egipte nie wil luister nie, dan kies die Gees ‘n Ethiopiër, ‘n ontmande, praat nou van grense wat oorgesteek word!, en bereik deur hom sy doel.

Om oor die grense van ons eie gemeenskap te beweeg lyk vir ons na ‘n moeilike taak en dit is ook.  Daar is egter ‘n ander werklikheid – die werklikheid van die Gees wat brûe bou ten spyte van.

2.1  Selfgerigtheid sit in ons Gene

Die effek van die Christendom is ongelukkig deur die eeue dat dit die kerk en gemeentes selfgerig maak – ons vind ons bestaan in onsself – en dit sit baie dieper in ons gene as wat die meeste van ons sal wil toegee.

Maar, soos ons hier in Handelinge kan sien, is dit die Gees wat hierdie gemeenskap bou oor grense heen, as ons Hom maar net toelaat.

Hoe doen Hy (en ons) dit?

2.2  Brûe bou begin met praktiese behoeftes

Dit is nie altyd so maklik om brûe te bou nie.  Maar ek het  hierdie pragtige verhaal onlangs gelees wat ‘n mens moed gee.

n Leraar van ‘n gemeente in Namibië, wat in ‘n eerlike worsteling is om los te kom van selfgerigtheid, maar wat nie aldag slaag daarin nie – twee tree vorentoe en dan weer drie terug soos met baie van ons – raak betrokke by ‘n gemeenskapsentrum in Katatura, ‘n swart woonbuurt in Windhoek.

Hulle vra hom om betrokke te raak by hulle dagsorgsentrums, en spesifiek by die opbou en instandhouding van die sentrums se infrastruktuur. Die plekke is weinig meer as ‘n kaal stuk grond met ‘n plat sinkplaat dak en ‘n paar mure nie.

Aangesien hy ‘n praktiese mens is, is hy van baie waarde vir die skole en word hy gou ‘n vertroueling vir van die leiers en personeel.  Hy maak toilette reg, ry bou materiaal aan en so leer hy ook die kinders ken, word lief vir hulle, spandeer tyd saam met die personeel en die kinders.  Dit word ‘n passie – ‘n nuutgevonde passie vir ‘n leraar aan die verkeerde kant van 50.

2.3  Sokker klub bou brug na nuwe wêreld

Om ‘n lang storie kort te maak, is hy onlangs gevra om president te word van een van die gemeenskap se sokker klubs! ‘n Middeljarige wit predikant van die NG Kerk, president van ‘n sokkerklub in Katatura.

Daar is verskillende maniere om na hierdie verhaal te kyk.

Een daarvan sou wees dat ‘n mens wonder wat die werklike motivering van die klub is.  Sien hulle nie maar net dat hulle deur hom vinnige toegang tot hulpbronne kan kry wat hulle voorheen nie beskore was nie?

Of … sê nou maar net dit is die manier waarop die Gees God se nuwe wêreld bou, deur ‘n middeljarige wit man te gebruik om ‘n brug te raak tussen twee gemeenskappe wat mekaar eintlik nog nie ken nie?

2.4  Dit beteken dat ons sal moet identifiseer met die “ander”

Paulus skryf in Filippense 2 dat ons ons soos Christus moet leeg maak (die Griekse woord is kenosis) ter wille van ander in die koms van die Koninkryk. Wanneer ons oor grense uitreik na mense sal dit belangrik wees dat ons dit in gedagte hou.

Kenosis – om jouself leeg te maak – is ‘n ingesteldheid.  Dit is om nie net behoeftes as ‘n probleem te sien wat jy buite jouself oplos sonder dat jy daardeur aangeraak word nie.  Dit is om volledig te identifiseer met die behoeftiges en vanuit daardie houding te leef.

Daar word vertel dat in die Tweede Wêreld Oorlog die vervolging van die Jode in Denemarke anders verloop het as in ander lande.  Toe die Duitsers aangedring het daarom dat die Jode almal die Dawid-ster moes dra, het die koning van Denemarke daarop gereageer deur die eerste een te wees om self ‘n ster te dra en sy volk opgeroep om almal die ster van Dawid te dra. Nodeloos om te sê, so het hy dit byna onmoontlik gemaak vir die Duitsers om die Jode te identifiseer!

Kenosis is dus die teenoorgestelde as selfhandhawing en selfvervulling, maar ‘n gesindheid om ter wille van die ander of in die plek van die ander te gaan staan en leef – soos wat Christus mens geword, slaaf geword en in ons plek gesterf het.

Neem  bv. die vestiging van ‘n gemeenskap tussen meer as een generasie.  Generasies kan mekaar nie hoor of verstaan as ons nie bereid is om vanuit die ander generasie se voorveronderstellings na sake te kyk nie.  Om dit te kan doen, moet ons ons ontledig van ons  eie spreekreg, magsposisie, en teologie.  Dit moet gesuspendeer word, sodat die ander generasie in die veilige ruimte kan beweeg van ‘n nuwe ander wat ruimte maak en luister.

Christus het immers nie van ons verwag om soos Hy te word voordat hy nie eers soos ons geword het nie.  Selfontlediging ter wille van die skep van ‘n gemeenskap met diegene na wie die Here ons stuur, is die pad waarop die gemeente sal moet loop in navolging van Christus sodat die potensiaal kan ontstaan dat die nuwe gemeenskap kan gebeur.

3.  Ons moet die grens oorsteek na behoeftiges

In Handelinge was die behoeftiges veral die weduwees.  Vandag is die behoeftiges in ons gemeente miskien nie soseer arm nie, maar miskien alleenlopers.

Maar in die breër gemeenskap is mense steeds arm, het baie keer ook MIV en Vigs, gaan gebuk onder geweld en werkloosheid en het net so nodig dat ons uitreik om iets aan hulle behoeftes te doen.

3.1  Ons moet armoede leer verstaan

Luke Pato maak die punt in die boek Faith in Action dat die “single common issue for all Africans, the single common experience, the single defining question, is the issue of suffering.”[1] Hy is oortuig dat dit nie help om dit te ignoreer of selfs te probeer ontsnap nie.

Dit het met baie faktore te make, maar armoede en die uitbuiting daarvan deur ander mense vorm baie keer die hart daarvan.  Soos Nobelprys-wenner JM Coetzee in The Master of Petersburg sê: “The poor live in their hunger as fish live in water.  The real forces have their origin in the centres of power, in the collusion of interest that takes place there.”[2]

Daarby is daar die tradisionele gebruik in Afrika om jou pyn met trots te dra, iets wat ironies genoeg negatief kan inwerk op mense se bereidheid om hulp en ondersteuning te aanvaar.

Jy ken self die uitdagings van jou omgewing: armoede, MIV en Vigs, geweld, werkloosheid.  Kyk môre uit vir mense wat die Here oor jou pad stuur wat ly aan van die grootste uitdagings in ons omgewing.

En raak betrokke, en leer hoe die Here jou wil gebruik om te groei in ‘n mens vir ander mense. Maphela Ramphele noem dit: “a ministry of service to the least amongst us.”[3]

Môre kan ons dan gesels oor wat die Here jou geleer het en vir wysheid bid hoe om op praktiese maniere te groei oor grense heen.

3.2  Ons moet verlos word van ons skaarsheid mentaliteit

Iets wat ons baie kan help hiermee, is om verlos te word van ons skaarsheid mentaliteit.  Kyk die enigste rede hoekom ‘n mens jou hand toehou as jy met behoeftes gekonfronteer word, waarvoor jy wel die middele het om te help, is as jy dink daar is nie genoeg vir jou en vir hulle nie.

Vanuit God se hoek is daar oorvloed.  Hy het die vermoë om te sorg … en Hy doen dit ook … baie keer deur jou bydrae.

3.3  Armoede is ook sistemies

Maar terwyl ons weet dat die verskil wat jy aan een mens se lewe maak, ‘n groot impak het op die hele sisteem, is dit ook so dat armoede en sy meelopers MIV en Vigs en geweld en werkloosheid, ‘n sistemiese probleem is wat op ‘n groter skaal hanteer moet word.

Van die grootste probleme rondom armoede is die privatisering deur groot maatskappye van allemansgoed soos lug, water en grond.  Dit maak die lewe van die mense aan die onderkant van die sosiale – en gemeenskapsleer onmoontlik, en skep die omgewing vir wat ons ken as armoede.

Die van ons wat ‘n invloed het op die sisteem, of dit nog gaan hê, kan gerus die aanhaling van Nicoloas Berdyaev in gedagte hou: “food for myself is a physical concern; but food for my neighbour is a spiritual concern.”   Ons moet beter doen met die uitwissing van armoede en van behoeftiges se legitieme regte.  Soos ons ook hier in Handelinge sien.

Armoede het ‘n ontmenslikende effek.  Dit skend jou menslike waardigheid, dit benadeel jou lewe, dit maak jou liggaamlik en geestelik siek, dit vertroebel familie-wees en verhoudings, dit benadeel kinderopvoeding en belemmer ontwikkeling wat weer in ‘n bose siklus jou weerloosheid verhoog en werkloosheid bevorder en morele waardes bedreig.  Die syfers is ontstellend:

  • 56 persent van die wêreldbevolking is hieraan blootgestel.
  • Armoede lê op twee vlakke: absolute armoede (ekonomiese kapasiteit) en relatiewe armoede (volgens menslike standaarde).
  • Belemmerde ontwikkeling kom onder ander uit sosiale ongeletterdheid (die onvermoë om inligting te bekom hoe jou gemeenskap werk).
  • Armoede en rykdom is integraal aan mekaar verbind waar armoede ‘n negatiewe begrip is en rykdom ‘n positiewe een.

En ons kan iets hieraan doen.  Ons kan bid.  Ons kan gee.  Ons kan ons houding verander teenoor arm mense en hulle menswaardig hanteer.  Ons kan eenvoudige hulp verleen.

Ek sluit met die wonderlike storie van Cambridge gemeente in Oos-Londen wat my na aan die hart lê.

‘n Groot woonstelblok in hulle gemeente het ‘n groot klomp minder-bevoorregte gesinne.  Hulle het uitgereik na hulle en ‘n na-skoolse projek geloods in hulle kerksaal, waar skoolkinders toegang het tot rekenaars, in veiligheid kan studeer en op die koop toe ‘n ete kry.

Refleksie

Dink nou weer na oor die persoon(e) wat jy vandag kon groet.

  • Wat dink jy is God besig om deur die persoon(e) met jou te laat gebeur?
  • Wat wil jy bevestig by dié mense?
  • Wat moet in jou verander?
  • Wat is jy besig om te leer wat jy beter sou wou doen?
  • Na wie toe stuur die Here jou weer terug?

Deel met mekaar in kort.

Môreaand

Filippus steek grense oor deur ander etniese groepe te bedien

Handelinge 8

Ons leer by Filippus hoe die Gees hom lei om die etniese grens na die Ethiopiese amptenaar oor te steek (Handelinge 8) en deur hom na Afrika – en ons dink na oor die 3 groot vrese van Afrika: 1) voorvaders, 2) heksery en towery, 3) onreinheid.

[1] Pato, LL 2008 “The unbearable lightness of being African.” in Faith in Action.  Njongonkulu Ndungane – Archbishop for the Church and the World. p 242. SR Jones (ed).

[2] Aangehaal deur Louw, D 2008 in sy hoofstuk “Sickness and health in an African Context” in Cura Vitae.  Illness and the healing of life in pastoral care and counselling, p 153.

[3] Ramphela, M 2008 “Leadership in our Time.” in Faith in Action.  Njongonkulu Ndungane – Archbishop for the Church and the World. p 279. SR Jones (ed) Lux Verbi.BM: Wellington.

Continue Reading

Johannes 4 – Jesus steek grense oor deur gender – 24 Mei 09 – Pinkster 2

Sondagaand 18:30 – 24 Mei – Johannes 4 – Pinksterdiens 2

Laai hier die mp3 klankbaan af.

Verwelkoming

Die grootste verskil wat die evangelie maak, lê nie in wat IN mense gebeur nie, maar wat TUSSEN mense gebeur.  Verhoudings tussen mense is die plek waar ware gemeenskap gebeur.

Elkeen van ons is ‘n ketting, ‘n band wat mense verbind.  Telkens as ons uitreik na mekaar in gemeenskap en versorging, en bereid is om grense oor te steek na ander, trek ons mense in, en gee dit sin en betekenis aan ander en ons eie lewe.

Om grense oor te steek: kultureel, eties, generasies, etnies, sosiaal, ekonomies, gender en noem maar self verder op, was en sal altyd die lewensbloed van die geloof in Christus bly.

Van die begin af was dit die patroon: waar gelowiges ‘n kulturele grens oorgesteek is, soos ons bv. in Handelinge 11 lees,  waar ‘n paar onbekende Joodse gelowiges in Antiochië met die Grieke oor Jesus gesels het, kom daar ‘n kerk tot stand. (11:19-20). En waar hulle dit nie gedoen het nie, het die kerk gekrimp of tot niet gegaan.

Ek wil jou dus uitdaag om ‘n reis dié week met ‘n paar mense in die gemeente te onderneem – ons noem die reis: Die Gees stuur ons oor Grense. Vir 5 dae gaan jy en ‘n paar van jou vriende fokus op die mense wat oor julle pad kom.  Elke aand gaan ek jou begelei om te gesels daaroor en te probeer agterkom wie dit is wat die Here oor jou pad stuur.  En ons sluit met ‘n heerlike Pinksterete Vrydagaand af met ‘n feesviering volgende Sondag.

Omdat sulke ontmoetings met mense geskenke uit die hand van die Here is, vra ons elke aand hoe dié ontmoetings jou geruk of getroos of geseën het.  En ons gaan praat oor hoe die Gees jou moontlik voorberei het daarop en wat jy dink die Here deur die persoon(e) met jou wil laat gebeur.

Telkens gaan ons ook vra wat die Here deur jou wil bevestig in die ander persoon en/of moontlik wil verander in jou.  En elke aand help ons mekaar om te leer wat ons beter wil leer doen.

Kortom – ons gaan op reis met mekaar om ‘n paar grense na ander mense oor te steek, wat uiteindelik geskenke van die Here word.

Dit beteken dat jy nou moet dink aan mense wat jy graag wil uitnooi op jou reis dié week.

Vannaand gaan ons die verhaal van Jesus en die Samaritaanse vrou lees in Johannes 4 en baie spesifiek kyk na die wyse waarop Jesus teen die heersende gedagtes oor die plek van vroue, juis met haar gesels en deur ‘n vrou die dorpie Sigar bereik.

Lees Johannes 4:1-42

Jesus móés deur Samaria gaan

Dat Jesus deur Samaria moes gaan is nogal relevant – omdat dit beteken het dat Hy met ‘n kortpad (so ‘n 3-dag reis) na Galilea sou gaan.  Dit was nie iets wat die Jode maklik gedoen het nie, hulle het Samaria eerder vermy;  Samaria was ‘n “no-go” vir die Jode – ‘n area waar hulle gegril het vir die  “onsuiwerheid” van die Samaritane wat van ‘n gemengde ras was.

Dit is eintlik altyd so as ons oor grense beweeg – mense is anders en doen dinge anders in “Samaria”.  Daarom loop ons dikwels ‘n ompad eerder as om daar deur te gaan.

Dit is die sesde uur

Dit is betekenisvol dat dit die sesde uur was.  Dit beteken dat dit 12 uur die middag was.  In daardie tyd het vroue boonop twee keer ‘n dag gaan water haal vir hulle huise, soggens en saans, wanneer dit koeler was.  Die Samaritaanse vrou gaan skep dus water op die warmste tyd van die dag.

Sy vermy die ander vroue van die dorp, miskien omdat sy verwerp gevoel het, of meer waarskynlik inderdaad ‘n verworpene was.  Blykbaar was daar nog boonop ‘n ander put nader aan die dorpie, wat sy sou kon gebruik het.  Die water van Jakob se put was egter suiwerder … en verder van die dorp af.

Die broosheid van Jesus

Jesus is alleen, dit is in die middel van die dag, Hy is moeg en dors en hy het nie ‘n skepding om water uit die put te haal nie.  In een woord, Hy is kwesbaar in meer as een opsig.  Hy het die vrou se hulp nodig, en Hy kan in meer as een opsig in die moeilikheid kom, net omdat Hy met haar praat.

Dit is in hierdie broosheid wat Hy oor grense beweeg en die gesprek tussen Hom en die vrou plaasvind. Geen uit die hoogte posisie, eerder ‘n posisie van magteloosheid en kwesbaarheid.

Jesus praat met ‘n vrou

Dat Jesus met ‘n vrou praat, en dit nogal in die openbaar, was ongehoord.  Volgens Joodse tradisie mag ‘n Rabbi nie eers met sy eie vrou, dogter of suster gepraat het nie, laat staan nog as dit ‘n vreemde vrou was.

Vroue was eenvoudig nie gereken nie.  Mans het soms die Joodse gebed gebid: “Ek loof U, o God . . . dat U my nie ‘n vrou gemaak het nie”!

Ek het nie ‘n man nie

In die gesprek met Jesus kom ‘n mens boonop agter, dat sy saamgebly het met iemand.  Van een kant kan ‘n mens jou wenkbroue daaroor lig, maar van ‘n ander kant moet ons onthou, vroue het in daardie tyd baie min sê gehad in hulle verbintenisse met mans, wat beteken dat die man wat sy nou gehad het, se wense waarskynlik die deurslag gegee het vir haar “saambly”-status.

Sy is dus nie net verworpe nie, sy is ook uitgelewer aan die wense van die man saam met wie se gebly het.

Dit is Ek, Ek wat met jou praat

Maar dan die verrassende.  Jesus kies om aan ‘n vrou, aan dié vrou, Homself te openbaar.  Hy steek die grens van godsdiens en kultuur en belangrik van gender oor om haar lewe aan te raak.  Dit is ‘n radikale omkeer van die normale geslags- en sosiale posisies.

Oorrompel deur Jesus

En die vrou reageer in geloof.

Ephraem, die Siriese kommentator sê: ” At the beginning of the conversation he did not make himself known to her, but first she caught sight of a thirsty man, then a Jew, then a Rabbi, afterwards a prophet, last of all the Messiah. She tried to get the better of the thirsty man, she showed dislike of the Jew, she heckled the Rabbi, she was swept off her feet by the prophet, and she adored the Christ” (aangehaal deur J.A. Findlay, Comm, 61 in Beasley-Murray, G. R. 2002 Word Biblical Commentary,  Vol 36, p. 66).

Sy dra groot vrug

Die wonderlikste van die verhaal is vir my, dat die oomblik as sy agterkom wie Jesus is, sy alles net so laat staan, en die mense in die dorpie van die Messias gaan vertel – dié mense wat haar verwerp het.  Sý steek nou die grens van verwerping en veroordeling oor na die dorpie toe.  Sy raak ‘n belangrike getuie wat die dorpie se mense tot geloof lei wat hulle lei tot ‘n diep wete dat Hy waarlik die Verlosser van die wêreld is.

In teenstelling met Nikodemus (hfst. 3) wat eers later vrug dra (7:50 in die Joodse Raad waar Hy vir ‘n billike hantering van Jesus vra, en 19:39 in die tuin van Josef van Arimitea waar Jesus begrawe is met die 50 liter mirre en aalwyn wat Nikodemus gebring het), toon die Samaritaanse vrou onmiddellik vrug in haar getuienis aan die dorpie.

En teenoor die eerste dissipels wat net enkelinge na Jesus gebring het (hfst. 1), bring die Samaritaanse vrou ‘n hele dorpie!

Die dissipels kon hier ook net kos uit die dorpie vir Jesus bring, wat Hy toe nie eers geëet het nie, maar die Samaritaanse vrou ‘n hele gemeenskap van mense!

En die gedeelte sluit met die dorpie wat in geloof en gasvryheid uitreik na Jesus en Hom vra om twee dae by hulle oor te bly.

Dit is hoe gemeentewees moet werk – grense van watter aard ook al wat oorgesteek word, en ‘n gemeenskap wat gestig word waar in gasvryheid mense mekaar as mense raaksien en waar God gedien en geëer word.

Uitdaging

Die uitdaging aan ons is, om te leer uit dié verhaal om ons gedagtes oor ander mense in pas te bring met die prentjie wat Johannes hier vir ons skets.

1.  Hoe ons dink oor vroue en mans

Dit eerste uitdaging is hoe ons dink oor vroue en mans.

Baie mense werk nog steeds met ‘n baie rigiede idee van hoe mans is en hoe vroue is.  Mans is sterk en vroue sensitief.  Daniël Louw lys die faktore wat hierin ‘n rol speel as volg:

  • Sterk – manlik, in beheer, moed, prestasie.
  • Sensitief – vroulik, subtiel, swakker, verleidelik, emosioneel.

Dié eienskappe is baie meer menslike eienskappe as wat dit net vroulike of net manlike eienskappe is.  En selfs as ‘n mens meer na die sterk kant of meer na die sensitiewe kant oorhel, mag dit nooit die basis wees om te diskrimineer teen iemand nie.

Soos Jesus hier die grens oorsteek na ‘n vrou, met haar sterk en sensitiewe kante, en deur haar die grens kan oorsteek na ‘n dorpie wat ook uit mense wat sterke en sensitiewe kante het – so moet ons dit ook doen.

Wat baie help om hierdie grens oor te steek, is om te besef dat mans en vroue in die eerste plek mense is en slegs in die tweede plek mans en vroue.  En om verder in ag te neem, dat beide geslagte ‘n sterk en sensitiewe kant kan vertoon … omdat hulle mense is.

2.  MENSE IS GESKENKE VAN GOD AAN ONS AL IS HULLE DIKWELS “DISRUPTIONS’

Maar wat ons nog meer kan help, is juis om met ‘n ander verwagting te leef.  Mense is immers geskep na die beeld van God – die ou teologiese gesegde is, mense is geskep as Imago Dei.  Dit is van alle mense wat ons pad kruis waar.

Dit is dus die tweede uitdaging.

Miskien help dit jou om daaroor te dink dat mense wat oor jou pad kom, geskenke van God aan ons is. Dikwels kom hulle onverwags oor jou pad en het jy nie tyd vir nader kennis maak nie en ás jy kennis maak het jy nie altyd die energie of die lus om ‘n gesprek aan te knoop nie. Dit neem nie weg dat élke mens wat ons pad kruis, geskep is na die beeld van God en heel moontlik God se geskenk aan ons is nie.

In ‘n wêreld waar die kitsbank jou waarsku dat alle vreemdelinge as gevaarlik beskou moet word, is dit belangrik om hierdie ingesteldheid van Imago Dei ‘n gewoonte te maak. ‘n Imago Dei blik in jou oë maak nogal ‘n verskil in die manier waarop jy na mense kyk, oor hulle dink en na hulle luister.

Dit geld natuurlik nie net vir die mense met wie ons ‘n natuurlike gevoel van toegeneentheid het nie, maar juis hulle by wie ons sou verby stap omdat hulle anders as ons is. Leer die gewoonte aan om hulle in die oë te kyk, gereed te wees om deur hulle “disrupt” te word en tyd te maak om na hulle te luister. Hierdie gewoontes is belangrik om die “geskenke” van God in ontvangs te neem.

3.  Bereid dat hulle óns bedien

Maar daar is nog ‘n uitdaging, nommer drie.

Vir sommige van ons sal dit moeilik wees, omdat ons gewoond is om te dink dat ons ander moet help. So die oë waardeur ons kyk, is oë wat probleme raaksien en met ons gawes en bronne die probleme wil regmaak. So kan ‘n mens nie ander as geskenke ontvang nie. Uiteindelik word mense eers geskenke aan ons as ons bereid is dat hulle óns bedien met hulle insigte, hulle gawes – ja as ons van hulle interafhanklik raak.

Dalk omdat ons met kritiek groot geword het, dink ons, dit is maar hoe ‘n mens lewe teenoor ander – deur hulle te kritiseer – so ‘n bietjie af te kraak. Elke mens met wie jy te doen het, is geskape na die beeld van God – IMAGO DEI – en is begaafd geskape om hulle begaafdheid uit te leef teenoor ander. Deur hulle gawes te waardeer en te ontvang as geskenke aan jou, ontvang hulle die bevestiging waarop so baie mense wag, naamlik dat hulle mens-waardig is.

Dit is in wese die roeping van hierdie Jesus wat oor grense beweeg, ook die grens na ‘n Samaritaanse vrou, om uit te reik na mense na wie die Here ons stuur en hulle dan te bevestig as mense, as IMAGO DEI, mense wat geskape is na die beeld van God.  So bring ons die koninkryk van God naby aan mense.

4.  Luister na mense wat nie ‘n stem in ons gemeentes het nie

Luister na “ander” verg die prysgee van mag

Dit beteken ook dat ons moet luister na mense wat nie ‘n stem in ons gemeentes het nie. Hulle ís daar en die Gees werk vir seker deur hulle, maar daar is nie noodwendig ‘n plek waar hulle meer as bloot verdra word nie. Omdat ek ‘n man is en boonop ‘n predikant, het ek persoonlik minder ervaring daarvan dat daar nie na my geluister word nie – om behandel te word asof ek nie daar is nie – as wat vroue en ander lidmate dit dikwels ervaar.

Vra maar vir vroue, jongmense, mense uit ‘n ander kultuurgroep en arm mense.  Mense is vriendelik met hulle, verwelkom hulle dalk selfs, maar doen nie noodwendig moeite om na hulle te luister nie. ‘n Vriend van my het as arm student in Nederland so ‘n ervaring gehad. Hy het sy beurs aangevul deur die badkamers en vloere van ‘n speelskool skoon te maak. Sy opdrag het gelui: Jy kan die skoonmaakwerk enige tyd doen wanneer die skool nie aan die gang is nie. “Ons wil graag hê jy moet dit so deeglik moontlik doen, maar ons het nie die behoefte om jou te sien terwyl jy dit doen nie.”

Ons gee dikwels soortgelyke boodskappe aan mense: “Jy is baie welkom hier, maar ons gaan jou bydrae nie noodwendig ernstig opneem nie.”

Luister gebeur wanneer dié wat in magsposisies is doelbewus afstand doen van hulle spreekreg, en dié daarsonder vrymaak deur na hulle te luister.

Luister na hulle

Ek sluit af.  In ‘n gesprek van ‘n gemeentelike leiersgroep in ‘n voorstedelike omgewing is daar eenkeer gepraat oor die pad vorentoe. Iemand merk toe op dat hulle ná al die jare nog nie daarin kon slaag om die groot groep mense van ‘n woonstelkompleks reg voor die kerk by die gemeente te betrek nie. “Ek moet sê, ek weet nie meer wat ons moet doen nie,” het ‘n leraar van die gemeente moedeloos amper kwaad opgemerk.

“Vra hulle,” stel die fasiliteerder toe half ongevraagd voor.

“Wat bedoel jy met vra hulle?”

“Ek bedoel dat jy na hulle sal uitreik, nie met jou planne nie, maar met die doel dat jy by hulle sal gaan leer wat hulle daarvan weerhou om deel van julle geloofsgemeenskap te word.”

Daar was ‘n ongemaklike stilte, waarna een van die kerkraadslede opgemerk het: “Ons is nie ‘n uitreikspan nie. Ons is ‘n raad wat besluite neem.”

Die goeie nuus van die evangelie kan nie oorgedra word sonder dat ons grense oorsteek nie.  En die grense is soms so basies as om ‘n vrou ernstig te neem, of iemand wat aan die onderpunt van die sosiale leer is.

Neem dus die tyd dié week, let op wie die Here oor jou pad stuur, steek die grens oor en praat met iemand wat jy nie normaalweg mee sal praat nie.  En kom gesels verder met die vriende wat die reis saam met jou onderneem: Die Gees stuur jou oor Grense.

Môreaand gesels oor die wyse waarop ons die grense na behoeftiges oorsteek, uit die voorbeeld van die eerste gemeente in Handelinge se eerste 6 hoofstukke.

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    webmeester

    |

    Hi Jan. Die Here se Woord bly lewend en kragtig. In my eie herlees van hierdie preek het die Here self weer met my gepraat! Seën.

  • Avatar

    Jan Knoetze

    |

    Hierdie boodskap het my vanoggend weer hoop gegee. Ek het reeds besluit om op te gee met my roeping, nou vra ek weer die vraag; waar wil ons Here my hê? Dankie en God bless.

  • Avatar

    Tilla

    |

    Ons sien uit na lekker kuier!

  • Avatar

    webmeester

    |

    Dankie!

  • Avatar

    Mariette

    |

    Sowaar “food for thought”!
    Baie dankie…