Studentekamp 2018 Urban Connect

WELKOM BY DIE BESTE TYD VAN JOU LEWE!

(Click here for English)

Hoërskool is iets van die verlede…WHAAAT!! En nou is dit UniversiTYD! (See what I did there?)
Kom skop hierdie opwindende tyd van jou lewe af met sekerlik dié LEKKERSTE kamp waarop jy nog ooit was! Die studentekamp is die plek om mense te ontmoet wat gaan bydra om die volgende paar jaar die beste tyd van jou lewe te maak! Hier gaan dit LEKKER!

WANNEER: 29 Januarie tot 1 Februarie 2018  (Ons sal die program so inrig dat jy alle aktiwiteite wat jy by die universiteit wil bywoon, sal kan bywoon.)
WAAR: ACVV Marine Drive Youth Centre, PE.  (Marinerylaan, uit Somerstrand, verby The Willows Resort, hou reguit aan totdat jy die sentrum op regterhand sien.  15km van die Radisson Blu hotel.)
TEMA: Urban Connect

Gaan sluit solank aan by ons Facebook Event, dan kan jy op hoogte bly én jou vriende nooi om saam te gaan kamp!

WAT KAN JY VERWAG?

Sport en speletjies, praise & worship, stiltetyd, interessanthede oor die universiteitslewe, kundige sprekers oor leierskap en beroep, verhoudings wat gebou word, hope energie, nuwe vriendskappe, mense-mense, oorgenoeg “chill tyd”… ‘n GREAT ervaring!  (Onthou, ons sal die program so inrig dat jy alle aktiwiteite wat jy by die universiteit wil bywoon, sal kan bywoon.)

BETALING

R799 as jy voor of op 31 Desember 2017 betaal. (Dit dek alles, insluitend verblyf, alle etes en aktiwiteite).
Vanaf 1 Januarie 2017: R850

Inskrywings sluit 22 Januarie 2018

BANKBESONDERHEDE:

NGK Somerstrand, ABSA
Takkode: 632005
Tjekrekening: 0100 8731 388
Verwysing: naam, van en kamp
Bewys van betaling kan per e-pos gestuur word na info@somerstrandgemeente.co.za of gefaks word na 041 583 1788

VERTREKTYE EN TERUGKOMTYE:

WANNEER: Ons ontmoet Maandag 29 Januarie 2018 om 14:30 by ACVV Marine Drive Youth Centre.  As jy ‘n saamrygeleentheid soek, kontak ons – ons het ‘n plan.
WAAR: ACVV Marine Drive Youth Centre (Marinerylaan, uit Somerstrand, verby The Willows Resort, hou reguit aan totdat jy die sentrum op regterhand sien.  15km van die Radisson Blu hotel.)
EN DAN? Jou lift kan jou teen 9:30 op Donderdag, 1 Februarie 2018 weer by Marine Drive Youth Centre kom haal.

KLAAR GEKAMP…NOU WAT???

Eerstejaarsweek: Die eerste week van universiteit sal ons saans aktiwiteite reël wat gemik is om jou en jou vriende by mekaar te bring om lekker gesellige dinge te doen op ‘n studentebegrotig Kyk uit vir die finale program nader aan die tyd!
Ons woon almal saam die spesiale eerstejaarsdiensdiens by om 18:30 by Somerstrand Gemeente.

ANDER VRAE?

Kos? Ons eet verskriklik lekker en meer as genoeg! Twee dieetkunde student is op ons komitee! (Ons voorsien ook aan spesiale eetgewoontes. As jy enige allergie of spesiale dieet vereistes het, laat weet ons asb by info@somerstrandgemeente.co.za – daar is ook spasie om dit aan te dui op die inskrywingsvorm)
Ek is gestremd, kan ek kom kamp? Enige tyd welkom! Kontak my vooraf en ons tref reëlings indien dit nodig is, maar jy is meer as welkom om hierdie ervaring mee te maak.
Nog vrae? Kontak gerus vir Renè (Sommer Studente Kampleier) by 073 043 9386 of Ds Rethie by 083 400 1556.

Skryf asb in voor 22 Januarie 2018.

WAT MOET EK SAAM BRING?

  • Slaapsak
  • Kussing
  • Gemaklike klere
  • Gemaklike, toe skoene (wat maar kan vuil word)
  • Swemklere
  • Handdoek
  • Sonroom
  • Toiletware
  • Chroniese medikasie
  • Bybel en pen
  • Flits
  • Eetgerei

Kliek hier om in te skryf.

     

Tags: , , , , , , ,

Trackback from your site.

Leave a comment

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Marie Albertyn

    |

    Goeie Middag
    Ek sien u het verlede jaar verblyf gesoek vir u seun. As u van nog seuns weet, ek het n baie lekker kamer met kombuis en badkamer vir n seun.
    Tel.: 041-5831173 of 0842513492

  • Avatar

    Marinel Coetzer

    |

    Ek is dringend opsoek na selfsorg verblyf vir my , my ma en my seuntjie vir ongeveer n maand tot 2. Ek is swanger met n tweeling en hul word vroeg gebore so hul gaan in NICU vir n hele ruk wees. Ons kom van patensie en kan nie elke dag in en uit ry nie. As daar enige iemand is wat my kan uithelp asb laat weet my.

  • Avatar

    webmeester

    |

    Hi Sonja. Die OT apokriewe (weggelate) boeke is boeke wat uit die Joodse tradisie kom, maar nie met dieselfde gesag as die kanonieke (maatstawwe) boeke in die Bybel deur die Protestantse kerke aanvaar word nie.  Dit word dus nie as maatstaf of riglyn vir die geloof gebruik soos wat wel die geval is met die kanonieke boeke nie.  Hulle word ook deuterokanonieke (tweede maatstawwe) boeke genoem.  Hulle is waardevol, maar nie gesagvol nie.  Jy kan meer daaroor by hierdie skakel by Bybelskool lees. In kort is die NG Kerk se standpunt hieroor in die Nederlandse Geloofsbelydenis as volg: “Die kerk mag hierdie boeke wel lees en daaruit lering trek vir sover hulle met die kanonieke boeke ooreenstem. Hulle het egter geensins sodanige krag of gesag dat iemand deur hulle getuienis enigiets van die geloof of van die Christelike godsdiens sou kan bevestig nie. Hulle mag nie in die minste aan die gesag van die ander, die heilige boeke, afbreuk doen nie.” (artikel 6)

  • Avatar

    Sonja blignaut

    |

    Naand ds Chris.
    Kan u miskien vir my u opinie gee oor die Aprokriewe boeke? Moet ek dit in dieselfde lig as die ,Bybel bestudeer?
    Baie dankie
    Sonja

  • Avatar

    webmeester

    |

    Hi Jan. Die Here se Woord bly lewend en kragtig. In my eie herlees van hierdie preek het die Here self weer met my gepraat! Seën.