Stiltetyd Vierde Kwartaal 2016 volgens RCL

leef-voorblad-kleinIn die vierde kwartaal 2016 fokus die gemeente van Somerstrand op LEEF.  Ons gaan weer soos in die verlede die ekumeniese RCL (Revised Common Lectionary) leesrooster volg.  Dit gee vir elke week vier teksgedeeltes: twee uit die OT en die Psalms, en twee uit die evangelies en die res van die NT.  Ander gemeentes is welkom om dié materiaal vir hulle eie gebruik aan te wend.

STILTETYD

Lidmate word uitgenooi om die vier tekste vir die week in hulle stiltetyd te gebruik aan die hand van hierdie hulpmiddel.  Jy kan hierdie materiaal ook as ‘n gedrukte kopie by die kerkkantoor kry vir R30 as jy dit verkies.

KLEINGROEPE

Kleingroepe word uitgenooi om die fokusteks te gebruik wat ook vir die volgende erediens gebruik sal word.  ‘n Kleingroephulpmiddel sal die vorige Sondag op die aankondigings verskyn in ‘n luisterblad wat die RUS, HOOR, LEEF luistersiklus sal gebruik.

BYBELSKOOL

Lidmate word ook uitgenooi om die  Bybelskool oor Genesis by te woon.  Ons gaan dit hoofstuk vir hoofstuk deurlees.  Die eerste bydraes verskyn vanaf 5 Oktober.  Skryf in by bybelskool.com om die daaglikse bydraes per e-pos te ontvang.  Ons vergader ook Woensdagaande 18:00-19:00 in die konsistorie vanaf 12 Oktober vir ‘n bespreking van die voorafgaande bydraes.

FOKUSTEKSTE

Die voorgestelde preektekste tot en met Kersfees kom uit Jeremia, Joël, Habakuk, Haggai, Lukas, Matteus en Johannes.  Die res van die begeleidende tekste kom uit 2 Timoteus, 2 Tessalonisense, Efesiërs, Jesaja, Kolossense, Romeine, Jakobus en Titus.  Daar is soos altyd 10 Psalms, een vir elke week, en in een geval ‘n ekstra deel uit die OT, Jeremia 23, vir een week.

  • 16 Oktober Jeremia 31:27-34; Psalm 119:97-104; 2 Timoteus 3:14 – 4:5; Lukas 18:1-8
  • 23 Oktober Joël 2:23-32; Psalm 65; 2 Timoteus 4:6-8, 16-18; Lukas 18:9-14                   
  • 30 Oktober Habakuk 1:1-4, 2:1-4; Psalm 119:137-144; 2 Tessalonisense 1:1-4, 11-12; Lukas 19:1-10
  • 06 November Haggai 1:15b – 2:9; Psalm 145:1-5, 17-21; 2 Tessalonisense 2:1-5, 13-17; Lukas 20:27-38
  • 13 November Lukas 21:5-19; Jesaja 65:17-25; Psalm 12; 2 Tessalonisense 3:6-13
  • 20 November Lukas 23:33-43; Jeremia 23:1-6; Lukas 1:68-80; Kolossense 1:11-20           
  • 27 November Matteus 24:36-44; Jesaja 2:1-15; Psalm 122; Romeine 13:11-14
  • 04 Desember Matteus 3:1-12; Jesaja 11:1-10; Psalm 72:1-7, 18-19; Romeine 15:4-13
  • 11 Desember Matteus 11:2-11; Jesaja 35:1-10; Psalm 146:5-10; Jakobus 5:7-10
  • 18 Desember Matteus 1:18-25; Jesaja 7:10-16; Psalm 80:1-7, 17-19; Romeine 1:1-7
  • 25 Desember Johannes 1:1-14; Jesaja 62:6-12; Psalm 97; Titus 3:4-7; Lukas 2:(1-7), 8-20

Laai die stiltetyd boek vir die vierde kwartaal 2016 hier af (2.5 MB)

     

Trackback from your site.

Leave a comment

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Marie Albertyn

    |

    Goeie Middag
    Ek sien u het verlede jaar verblyf gesoek vir u seun. As u van nog seuns weet, ek het n baie lekker kamer met kombuis en badkamer vir n seun.
    Tel.: 041-5831173 of 0842513492

  • Avatar

    Marinel Coetzer

    |

    Ek is dringend opsoek na selfsorg verblyf vir my , my ma en my seuntjie vir ongeveer n maand tot 2. Ek is swanger met n tweeling en hul word vroeg gebore so hul gaan in NICU vir n hele ruk wees. Ons kom van patensie en kan nie elke dag in en uit ry nie. As daar enige iemand is wat my kan uithelp asb laat weet my.

  • Avatar

    webmeester

    |

    Hi Sonja. Die OT apokriewe (weggelate) boeke is boeke wat uit die Joodse tradisie kom, maar nie met dieselfde gesag as die kanonieke (maatstawwe) boeke in die Bybel deur die Protestantse kerke aanvaar word nie.  Dit word dus nie as maatstaf of riglyn vir die geloof gebruik soos wat wel die geval is met die kanonieke boeke nie.  Hulle word ook deuterokanonieke (tweede maatstawwe) boeke genoem.  Hulle is waardevol, maar nie gesagvol nie.  Jy kan meer daaroor by hierdie skakel by Bybelskool lees. In kort is die NG Kerk se standpunt hieroor in die Nederlandse Geloofsbelydenis as volg: “Die kerk mag hierdie boeke wel lees en daaruit lering trek vir sover hulle met die kanonieke boeke ooreenstem. Hulle het egter geensins sodanige krag of gesag dat iemand deur hulle getuienis enigiets van die geloof of van die Christelike godsdiens sou kan bevestig nie. Hulle mag nie in die minste aan die gesag van die ander, die heilige boeke, afbreuk doen nie.” (artikel 6)

  • Avatar

    Sonja blignaut

    |

    Naand ds Chris.
    Kan u miskien vir my u opinie gee oor die Aprokriewe boeke? Moet ek dit in dieselfde lig as die ,Bybel bestudeer?
    Baie dankie
    Sonja

  • Avatar

    webmeester

    |

    Hi Jan. Die Here se Woord bly lewend en kragtig. In my eie herlees van hierdie preek het die Here self weer met my gepraat! Seën.