• Home
  • Ons wil laat doop

Ons wil laat doop

Baie geluk met die kleinding!  Ons het nie spesifieke Doopsondae nie.   Lidmate* wat hul kinders wil laat doop, moet vroegtydig (minstens ’n maand voor die tyd) reël met die leraar wat die doop gaan behartig.  (Kontak die kerkkantoor om uit te vind wie preek op die Sondag wat julle wil doop.)

Die leraar sal dan ’n afspraak maak vir ’n doopgesprek, praktiese reëlings bevestig en reël vir Kerkraadstoestemming vir die doop.  Sorg asb. solank vir ’n kopie van die geboortesertifikaat en ’n foto van die baba wat gedoop gaan word vir gebruik in die kerk.

Foto’s van babas/dope sal op ons Facebook-blad geplaas word alleen met die ouers se toestemming.

*Ouers wat nie lidmate is van Somerstrand Gemeente nie, maar hier wil doop, moet vooraf skriftelike toestemming van hul tuisgemeente kry en dan dieselfde prosedure volg. 

     

Leave a comment

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    webmeester

    |

    Hi Jan. Die Here se Woord bly lewend en kragtig. In my eie herlees van hierdie preek het die Here self weer met my gepraat! Seën.

  • Avatar

    Jan Knoetze

    |

    Hierdie boodskap het my vanoggend weer hoop gegee. Ek het reeds besluit om op te gee met my roeping, nou vra ek weer die vraag; waar wil ons Here my hê? Dankie en God bless.

  • Avatar

    Tilla

    |

    Ons sien uit na lekker kuier!

  • Avatar

    webmeester

    |

    Dankie!

  • Avatar

    Mariette

    |

    Sowaar “food for thought”!
    Baie dankie…