Matteus 3:1-12 Preek – 4 Desember 2016

“Amazing Grace, how sweet the sound, that saved a wretch like me.”  Dis die woorde van John Newton, wat mense oor die eeue aan die hart gryp.  Amazing grace… Wretch… Ellendeling

En as jy John Newton se storie ken, dan maak hierdie lied soveel sin.  Hier was ’n ou, ’n slawehandelaar, wat vir ’n groot deel van sy lewe nie net met slawe gehandel het nie.  Hy was die kaptein van skepe wat slawe ontvoer het uit hul eie land en in die weste verkoop het.  En Newton kom tot bekering.  Hy skryf:  “Amazing Grace, how sweet the sound that saved a wretch like me.”  En ’n wretch, dink ek sal meeste van ons saamstem, was hy beslis.

Maar hierdie lied het Newton geskryf terwyl hy nog betrokke was in slawehandel.  Hy kom tot bekering in 1748.  En hierdie bekering, hierdie ellendigheid waaroor hy skryf, was, volgens sy eie getuienis:  vloek, dobbel, drink.  Hy het aan homself gedink as ellendeling, omdat hy gevloek, gedobbel en gedrink het.  Met sy bekering het hy daarmee opgehou.  Maar dit sou nog 40 jaar wees, voordat hy sou opstaan teen slawerny.  Veertig jaar waarin hy gedink het bekering is om op te hou rummikub speel.  Dit het 40 jaar geneem voordat hy kon sien – en sê – dat slawerny sonde is.

Dan maak dit heeltemal sin dat woorde soos “sonde, toorn, oordeel, bekeer”, nie meer woorde is wat ons kultuur gemaklik gebruik nie.  Want eeue lankal word dit misbruik om ons aandag af te trek van die eintlike probleem.  Laat dit die fokus op kleinlike nietighede val, terwyl dit groot onregte verskuil.

Maar dis jammer dat ons só oorreageer, dat ons glad nie wil praat oor sonde, oordeel en bekering nie.

Toetrede

Lied 365 Hoor die blye eng’lelied (staan)

Votum

Jesaja 11:1-9

Seëngroet

Lofsang

Vonkk 142 Jesus, Verlosser, U Daal Tot Ons Neer (staan)

Adventkerse

Vandag is die tweede Sondag van Advent, die Sondag van vrede.

Donderdag was Vigsdag.  Die nuus is nie goed nie.  Ongeveer 10% SA-ers MIV-positief.  Meer as ’n derde van mense in die OK is MIV-positief.  Daar is 25 000 NUWE infeksies elke week in SA.

Baie nou verwant aan M.I.V. en Vigs syfers, is ons nou midde-in die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders.  In Gauteng word 1 vrou elke 6 dae deur haar manlike lewensmaat vermoor.  In Kaapstad het 44% mans erken dat hulle hul vroulike lewensmaat aanrand.  Elke 17 sekondes word ’n vrou in SA verkrag, met skattings van 1.7 miljoen verkragtings SA per jaar.

Dan praat ons nog nie eers van plaasaanvalle, huisbrake, kapings…  En nog nouer:  rassisme, onvrede in ons eie huise, by ons eie werke.

In die Jesaja-teks wat ons aan die begin gelees het, is ’n aangrypende belofte van vrede, gebaseer in geregtigheid, veiligheid en eenheid.  Kom ons dink vir ’n paar oomblikke na:  aan plekke en situasies van  on-vrede.  Kom ons bely ons eie aandeel aan die onvrede.  Ons bid  dat God vrede sal bring.

Terwyl kerse aansteek:

Lied 320 vers 1 en 4 O kom, o kom, Immanuel (sit)

Gebed

Skriflesing

Matteus 3:1-12

Preek

“Amazing Grace, how sweet the sound, that saved a wretch like me.”  Dis die woorde van John Newton, wat mense oor die eeue aan die hart gryp.  Amazing grace… Wretch… Ellendeling

En as jy John Newton se storie ken, dan maak hierdie lied soveel sin.  Hier was ’n ou, ’n slawehandelaar, wat vir ’n groot deel van sy lewe nie net met slawe gehandel het nie.  Hy was die kaptein van skepe wat slawe ontvoer het uit hul eie land en in die weste verkoop het.  En Newton kom tot bekering.  Hy skryf:  “Amazing Grace, how sweet the sound that saved a wretch like me.”  En ’n wretch, dink ek sal meeste van ons saamstem, was hy beslis.

Maar hierdie lied het Newton geskryf terwyl hy nog betrokke was in slawehandel.  Hy kom tot bekering in 1748.  En hierdie bekering, hierdie ellendigheid waaroor hy skryf, was, volgens sy eie getuienis:  vloek, dobbel, drink.  Hy het aan homself gedink as ellendeling, omdat hy gevloek, gedobbel en gedrink het.  Met sy bekering het hy daarmee opgehou.  Maar dit sou nog 40 jaar wees, voordat hy sou opstaan teen slawerny.  Veertig jaar waarin hy gedink het bekering is om op te hou rummikub speel.  Dit het 40 jaar geneem voordat hy kon sien – en sê – dat slawerny sonde is.

Dan maak dit heeltemal sin dat woorde soos “sonde, toorn, oordeel, bekeer”, nie meer woorde is wat ons kultuur gemaklik gebruik nie.  Want eeue lankal word dit misbruik om ons aandag af te trek van die eintlike probleem.  Laat dit die fokus op kleinlike nietighede val, terwyl dit groot onregte verskuil.

Maar dis jammer dat ons só oorreageer, dat ons glad nie wil praat oor sonde, oordeel en bekering nie.

Ek lees tans ’n boek getiteld “Unapologetic:  why, despite everything, Christianity can still make surprising emotional sense”.  Die boek begin, vreemd genoeg vir ons dag, by sonde. Behalwe, hy noem dit “hptfth”- Human propensity to stuff things up.  Die skrywer praat van hoe ons almal net eenvoudig droogmaak.  Ons foeter goed op.  Nee, erger:  ons foeter MENSE op.  Selfs wanneer probeer goeddoen, maak ons mekaar seer, maak ons droog.  Ek praat nie eers van ons lang tone nie, wat maak dat ons so maklik seergemaak word!

Ons foeter mekaar op.  En dis op ons beter tye!  Meestal het ons nie eers aan ander gedink nie, was ons maar net besig om selfsugtig na onsself te kyk, voort te foeter op ons eie…  en toe ons weer kyk, toe het ons almal rondom ons seergemaak.

Ons kan onsself nie help nie.  Ons almal deel in hierdie menslike kondisie.  Die hptftu – menslike geneigdheid om dinge op te foeter.

Johannes se kwaai preek

Hier lees ons van Johannes.  ’n Profeet in die tradisie van groot profete soos Elia.  En sy boodskap is:  bekeer julle!  Hy praat met Fariseërs en Sadduseërs – goeie godsdienstige mense! Hy praat met hulle van  dreigende toorn, dat hulle moet vrugte dra van bekering, van kaf wat verbrand.

In die N.A.V. lees ons: “7Toe hy merk dat baie van die Fariseërs en die Sadduseërs kom om deur hom gedoop te word.” Maar dis nie wat daar staan nie!  Daar staan letterlik:  “na sy doop gekom”.  Dit sê nie hulle het gekom om gedoop te word nie.  Hulle het waarskynlik eerder kom kyk – kom kyk hoe sondaars tot bekering kom.  Hulle nie nodig om tot bekering te kom nie!  Hulle is soos John Newton:  godsdienstig, Jode, mense wat reëls nougeset nakom.

Maar Johannes sê dit beteken niks.  “Addergeslag,” skel hy hulle uit.

Hier is ’n kritieke verskil tussen Judaïsme, Islam en Christenskap.  Beide Judaïsme en Islam gee reëls vir elke oomblik van die dag:  wat jy eet en drink, wat jy aantrek, hoe jy reis.  Dis reëls wat soms moeilik is om te onderhou, wat die lewe bietjie ongemaklik maak, maar jy kán dit onderhou word.  Dis die hele punt. Met bietjie moeite kan jy kosher eet.  Om vroeg op te staan en te bid, kan bietjie van ’n pyn  wees, maar dis moontlik.  Daar is selfs ruimte ingebou:  jy mag nie reis op Sabbat nie, maar daar is tog hier en daar ’n skuiwergat wat dit moontlik maak.  Die wette is amper soos ’n jas – ’n jas wat almal kan aantrek, as hulle net bietjie moeite doen.  En as jy die jas aantrek, dan hoef jy nie te worry of jy goed genoeg is  nie.  Jy is heeltemal okay, want jy hou by die wette.

Geleerdes sê hierdie godsdienste is godsdienste van ortopraksie eerder as ortodoksie, m.a.w. godsdienste van reg DOEN, eerder as reg dink.  Dit beteken:  solank jy die regte goeddoen, maak dit nie saak wat aan die binnekant aangaan nie.  Jy kan aan die binnekant skel en spoeg, solank jy die regte dade doen.  Jy is steeds okay, steeds op die regte pad.

En dit maak die lewe maklik.  Gestruktureer.  Jy kan weet wie is in en wie is uit, rein en onrein, toegelaat of verbode, halaal of haram, swart en wit.

En dan kom Christenskap.  En die reëls blyk ondoenbaar te wees.  Met dieselfde vertelling in Lukas, spel Johannes die vrugte uit:  As jy twee kledingstukke het, gee een weg. Wees tevrede met julle betaling…

Christenskap vra goed soos dat jy die helfte van jou besittings – of later, al jou besittings!  – weggee.  Draai die ander wang.  Wees lief  vir vreemdelinge asof hulle familie is.  Wees lief vir vyande.

En daar is nie handige handleidings oor hóé ons hierdie reëls gaan onderhou nie!

Maar ons geloof gaan nog verder:  Wat jy BEDOEL wanneer jy hierdie reëls onderhou, is ook belangrik.  Wat in jou hart aangaan, maak net soveel saak as wat jy doen.  Jy moet diensbaar wees – maar as jy dit doen omdat dit jou goed laat voel, m.a.w. uit selfsugtige redes, dan is dit verkeerd.

Wat Christenskap doen, is om ons hptftu – ons menslike geneigdheid om droog te maak – in die kollig te sit.  Ons kan dit nie wegsteek nie.  Ons kan nie maak asof ons okay is, omdat ons nie vloek of dobbel of drink nie; omdat ons ’n paar reëls op ’n lysie kan afmerk nie.

Christenskap maak dit helder duidelik:  Ons maak droog.  Ons maak almal droog.  Deur die bank.  Elke enkele een van ons.  Christenskap maak nie onderskeid tussen goeie en slegte mense nie.  Want Christenskap weet:  Ons is almal slegte mense.  Ons is almal sondaars.  Ons maak almal droog.

Bekering

En bekering, is om dit te erken.  Om te erken dat ons droogmaak, selfs wanneer ons goed bedoel.  Dan ons vrot vrugte dra, ten spyte van ons beste pogings.  En om dan aan die voet van die kruis neer te val en te sê: Here, Jesus Christus, wees my, sondaar, genadig.

Bekering is om na God toe te draai, in Christus, en jou wil aan God se wil te onderwerp, te vra dat God beheer oorneem, sodat dit nie jou menslike geneigdheid om droog te maak wat in beheer is nie, maar sodat God in beheer is.

Dis belangrik dat ons mooi dink oor die term “oordeel”.    Advent is die tyd wat ons dae aftel na Kersfees.  Dis ’n tyd van skuldbelydenis, verootmoediging.  Dis eintlik ’n tyd van dae aftel na oordeel.  Maar oordeel is nie dieselfde as straf nie.  Ons berei voor vir straf deur te koes.  Ons berei voor vir oordeel deur berou, deur bekering – Engels repent.

Want God se oordeel is ’n snoeiskêr wat die dooie dele uitsny.  Dis ’n vuur wat die dooie dele wegbrand, sodat daar lewe kan wees.  Dit vernietig nie.  Dit maak heel.  Dit bring lewe.

Jesus en Johannes

Dis insiggewend om te gaan kyk wat Johannes gesê het Jesus gaan doen en wat Jesus toe gedoen het.

Johannes verkondig hierdie sterk boodskap van oordeel. Dan kom Jesus.  Johannes sit later in die tronk.  Daar hoor hy van al die dinge wat Jesus doen.  Hy stuur sy volgelinge (Matteus 11) om vir Jesus te gaan vra:  “Is U die Een wat sou kom, of moet ons ’n ander een verwag?”

Nou onthou wat Johannes gesê het Jesus gaan doen:  hy gaan met die Heilige Gees en vuur doop, die dorsvloer skoonmaak, die koring na die skuur bring en die kaf verbrand.

So hy stuur die vraag aan Jesus:  is U die een?  Jesus antwoord deur te sê wat hy doen.  En wat hy doen, is:

“Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien: 5Blindes sien, lammes loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, en aan armes word die evangelie verkondig.

Die oordeel wat Jesus bring, is lewe, sig, die vermoë om te hoor, genesing en regverdigheid.

Om vrugte te dra

En hierdie oordeel van Jesus – hierdie lewegewende oordeel – bring vrugte.  Nie vrugte omdat ons so hard probeer nie, maar vrugte omdat ons ons menslike geneigdheid op te foeter bely het, aan God oorgegee het en deur die Gees gevorm word.

Dis soos die brande in die Boland.  Dit brand gereeld, brand die veld leeg.  Maar sommige sal sê, dit brand die veld skoon. Die brand gee die veld kans om oor te begin.  Die veld het brande nodig, vir die veld om te bestaan.

Toe ek ’n jong gelowige was, het iemand die storie vertel:  God is soos ’n helder lig.  Wanneer jy tot bekering kom, sien jy jouself vir die eerste keer in daardie lig.  En jy ontdek:  jy is morsig.  Jou klere is vuil.  Daar is nie een skoon kolletjie aan jou nie.  En dan begin die Gees in jou werk, begin die proses van skoonmaak.  Soos wat jy geestelik groei, word jy skoner, kom jy nader aan God.  En as jy nader kom, kan jy stukkies vuil sien wat jy nie voorheen kon sien.  Aanvanklik kon jy net die groot, voor die hand liggende goed gesien.  Wanneer jy nader aan God kom,  sien jy ook die geheime, verkoesterde vuil raak.  Werk die Gees ook daaroor in jou lewe.

Daarom is bekering ’n voortgaande proses.  God is gedurig besig om te snoei, om die dooie dele weg te brand – SODAT kan vrug dra.

So gesien, maak dit sin dat Newton 40 jaar gevat het voor hy bekeer is van die sonde van slawehandel.  Dat hy aanvanklik net goed soos dobbel en drink gesien het.  Maar hoe nader hy aan God gekom het, hoe verder hy op die pad van geloof gestap het, het die Gees hom gesnoei, totdat hy uiteindelik selfs die ding kon sien waarvoor hy voorheen blind was.  Totdat hy selfs deel kon word van die beweging wat hulle beywer het vir die afskaffing van slawerny.

Dis Advent: tyd om in die lig van God te staan en toe te laat God ons snoei, die dooie dele wegbrand, sodat ons vrug kan dra.

Tyd stil gebed:  Staan in God se lig.  Onthou, daardie lig is liefdevol, genadig.  Vra God om die dooie dele te verlig.  Vra God om jou te snoei, sodat jy vrugte kan dra.

Stil gebed

Gebed

Dankoffer

Slotsang

Vonkk 124 vers 1 en 2 Jesus Bring Vreugde (staan)

Seën

24Die Here sal julle seën

en julle beskerm;

25die Here sal tot julle redding

verskyn

en julle genadig wees;

26die Here sal julle gebede verhoor

en aan julle vrede gee!

Respons

Lied 321 Refrein

     

Tags: , ,

Trackback from your site.

Leave a comment

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Tilla

    |

    Ons sien uit na lekker kuier!

  • Avatar

    webmeester

    |

    Dankie!

  • Avatar

    Mariette

    |

    Sowaar “food for thought”!
    Baie dankie…

  • Avatar

    Mariette

    |

    Dankie Rethie. Ja, dit is beslis anders en maak ‘n verskil om dit te weet.

    Ek het vir Marie en Alf Kruger in UK die ‘link’ vir jou preek gestuur. Hulle gaan deur ‘n moeilike tyd met sy gesondheid. Sy sê in ‘n e-pos:
    Baie dankie, het pas die preek gelees. Goeie preek. Sal weer en weer.
    Ons sê vir mekaar ons moenie so verstrengel in ons stryd nou raak, dat ons nie rondom ons die goeie sien nie. Sluit so goed aan by Rethie se preek.

  • Avatar

    Rethie van Niekerk

    |

    Mariette, die 1953 Vertaling van vers 26 is ‘n direkte vertaling van die Hebreeus: “die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.” Die 1983 vertalers het “aangesig verhef” geïnterpreteer as “gebede verhoor”.