Kleingroepe

Kleingroepe logo

Ons kleingroepe is die ruimte waar ons leer om te LUISTER en te LEEF.

Só word jy deel van ’n kring geloofsvriende wat saam deur die Bybel en by mekaar prakties leer hoe om ’n volgeling van die Here Jesus te wees. Skakel vandag nog in by enige van die volgende tipe groepe (of vorm ’n groep en laat ons weet daarvan):

  • Bybelstudiegroepe en Selgroepe: Hierdie groepe kuier saam, gesels oor die Bybel en die lewe en bid saam.
  • Fokusgroepe: Hierdie groepe fokus op spesifieke programme wat oor ’n bepaalde tydperk loop:
    • Dissipelskap fokus op die aanleer van ’n lewenswyse waar ’n intieme verhouding met God ’n werklikheid is. Die materiaal word vooraf deur elke groeplid deurgewerk en word dan in die groep bespreek.  Dit word jaarliks aan die begin van die jaar saamgestel.
    • Bybelskool lees ’n Bybelboek hoofstuk vir hoofstuk deur, tans Jeremia en Klaagliedere (4de kwartaal: Hebreërs, Jakobus, 1&2 Petrus, Judas).  Skryf in by www.bybelskool.com om dagstukkies te ontvang.  Byeenkomste Woensdae 18:00-19:00.  Almal welkom.
    • Reisgenote in geloofsvorming is op ’n organiese geestelike reis. ’n Geloofsgewoonte word onder begeleiding gekies wat by die seisoen van geloofsvorming in jou lewe pas. Hierdie geloofsgewoonte word oor ’n tydperk van 100 dae ingeoefen met ’n geloofsgroep as ondersteuning. Die doel hiermee is bemeestering en lewensintegrasie. Skryf in by Chris van Wyk.

 

     

Leave a comment

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    webmeester

    |

    Hi Jan. Die Here se Woord bly lewend en kragtig. In my eie herlees van hierdie preek het die Here self weer met my gepraat! Seën.

  • Avatar

    Jan Knoetze

    |

    Hierdie boodskap het my vanoggend weer hoop gegee. Ek het reeds besluit om op te gee met my roeping, nou vra ek weer die vraag; waar wil ons Here my hê? Dankie en God bless.

  • Avatar

    Tilla

    |

    Ons sien uit na lekker kuier!

  • Avatar

    webmeester

    |

    Dankie!

  • Avatar

    Mariette

    |

    Sowaar “food for thought”!
    Baie dankie…