#joymustrise

“We as a people are much more inclined toward negativity and cynicism.  We don’t find it easy or natural to pursue joy. And that’s why God in His Word actually command us to celebrate. We must wrestle for our blessing. We must fight for our joy.”

Intro video

Intro song

Rooftops

Verwelkoming & afkondigings

Dankoffer

Verootmoediging

’n Paar jaar gelede het Piet Naudé hier gepreek en gepraat oor die musiek wat ons in die kerk sing. Hy het gesê ons kan nie liedere oor vreugde en blydskap – lofliedere en “rejoicing” – sing (hy het dit om die waarheid te sê wreed genoem), as ons nie éérs gesing het:  “Were you there when they crucified my Lord? When I look on it I tremble, tremble…” Dis ’n ou negro spiritual, ’n lied wat slawe gesing het, terwyl hulle ook lofliedere gesing het.  Maar eers:  kyk die kruis, sien die seerkry.  Marilize gaan vanaand ’n stukkie daarvan vir ons sing.  Terwyl sy ding, dink:  waarmee kom jy vanaand hier aan?  Wat is jou seer, die bekommernis, onsekerheid of hartseer?  Vertel vir God daarvan.

Were you there & Gebed

Lofsang

Awake my soul

Prys die Heer

Helder.Lig

Gebed

Skriflesing

Ons is besig met ’n reeks getiteld “#letsrise”, oor dinge wat ons help om staande te bly in moeilike omstandighede.  Vanaand se tema is #joymustrise.  Natuurlik beteken dit Filippense 4!

Filippense 4:4-7

Net om te wys my generasie het die beste musiek gehad: Don’t worry, be happy

The Bible, worry and happiness

Die Bybel het baie te sê oor vreugde.  Telkens praat die Bybel daaroor as ’n opdrag:  ons moet bly wees.

1 Tessalonisense 5:16-18

Wees altyd bly.  Bid gedurig.  Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.

Dis baie dieselfde as vandag se teks. As so dan die Bybel lees oor blydskap, dan voel dit ’n bietjie asof die Bybel klink soos Bobby McFerrin:  “Don’t worry, be happy”.

En ons reeks vra:  hoe kan ek staande bly in moeilike omstandighede.   Dan kan mens dink die antwoord is:  “Wees net bly!  Don’t worry, be happy.  Dis die opdrag van die Bybel!”

En dan maak ons een van twee foute.  Ons dink OF dat dit beteken jy mag nie swaarkry nie, jy mag nie seerkry wys nie.  As jy swaarkry, dan is dit omdat jy een of ander sonde doen waarvoor God jou nou straf.  Eintlik is jy in beheer van jou lot: “By my stripes I am healed!  Don’t worry, by happy!”  Jy doen jou bes om bly te LYK.

Dit kan tog nie wees nie!  Jesus het gehuil.  Paulus skryf hierdie teks vanuit die tronk.  Om te maak asof alles altyd moet goed gaan en te sê dat dit jou skuld is as dit sleg gaan, is patologies!

Die ander fout wat ons maak, is om te dink vreugde is net iets binne jou.  Soos Droopy.  Ons het hierdie swaarte wat oor ons hang.  Soos die ou grappie:  jy mag dans, solank jy dit nie geniet nie.  Dis so erg, dat Nietzsche van Christene gesê het:  “His disciples should look more redeemed.”

Dit kan tog ook nie wees nie!  Asof blydskap ’n onder die dekmantel geheim is.  Die Bybel sê nie “don’t worry be happy” nie.

So wat is hierdie vreugde ding, hoe werk die opdrag om bly te wees?

Opposite of joy

Dalk help dit om te dink wat die teenoorgestelde van blydskap is.  Ons dink baie keer die teenoorgestelde van blydskap is pyn.  As daar nie pyn en seerkry en hartseer is nie, dan kan daar blydskap wees.  Maar die teenoorgestelde van blydskap is nie pyn nie.  Plesier is die teenoorgestelde van pyn.

En presies daar is ons probleem.  Want ons dink blydskap is verwant aan plesier.  En dan gaan ons verder:  ons dink die doel van die lewe is ons plesier en God se werk is om te sorg dat die lewe vir ons plesierig is.

Maar die lewe lyk nie so nie!  Ons almal is in staat daartoe om plesier op te offer, selfs pyn te dra, as daar iets of iemand is wat ons voel die pyn en opoffering werd is – en dan vreugde te vind te midde van pyn en opoffering.

Sien, as ons net iets nastreef vir plesier, sal dit dalk vir ’n tydjie lekker wees, maar ons gaan altyd onbevredig wees.  Ons gaan altyd die volgende ding najaag, altyd soek vir meer.  Dis soos ‘n dwelm wat ander emosies probeer wegsteek.  Blydskap is nie gelyk aan pret nie.

Blydskap en hartseer of pyn of worsteling kan in dieselfde ruimte bestaan.  Dit staan nie dualisties teenoor mekaar – óf die een óf die ander nie.  Dis alles deel van dieselfde menslike ervaring.

So wat is vreugde?

1.  Joy is a spiritual gift

Vreugde is ’n gawe van die Gees, volgens Gal 5:22.  Dis iets wat ons ontvang – wat ook beteken dis iets wat groei, ontwikkel.  Die woord wat die teks vir “blydskap” gebruik, sê stam is chara.  Die N.A.V. vertaal dit met “wees bly”.  OAV:  “verbly”, Engels:  “rejoice”.  ’n Verbuiging daarvan is charis – genade.  ’n Ander verbuiging is Eucharistie – die woord wat soms vir Nagmaal gebruik word, wat beteken danksegging.

2.  Joy is thanksgiving

Kyk hoe slim is dit!  Die teks sê: 4Wees altyd bly in die Here! En dan in vers 6:   Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.

Ek kan vreugde beleef wanneer ek dankbaar is.

3 Joy is trusting God

Hierdie dankbaarheid sluit aan by wat die res van die vers sê:  6Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.

Vreugde bestaan binne die raamwerk van ’n lewe wat aan God oorgegee is, van saam met God lewe.  Dis binne ’n lewe waar jy vir God van alles vertel wat in jou lewe aangaan, vir God vra vir alles wat jy nodig het, al jou begeertes.

En let op:  die teks gebruik die woord “smeking”.  Dis nie “don’t worry, be happy” nie.  Dis desperaat by God soebat – en soms bietjie baklei:  “Hoekom is dinge so moeilik? Ek kan nie meer nie, help!” (Kyk bv. na die Psalms.)  Dis worsteling.  Dis om met erns, met smeking, jou begeertes na God te vat.  Dis om te hammer teen God se deur, soms met trane, soms in moedeloosheid – smekend.

Blydskap is nie om te jaag van die een pret ervaring na die volgende nie.  Blydskap is om God in jou lewe in te nooi, jou hele lewe met God te deel.  Dis gebed, smeking, danksegging.  Vreugde berus dan op ou end nie in jouself nie, maar in God.  Dit berus in vertroue op God, in die wete dat God teenwoordig is, dat God gebede hoor, dat jou omstandighede – goed of sleg – nie die grootste realiteit is nie, maar deel is van die werklikheid van God.

4.  Joy is peace

Dan praat die teks van die vrede van God. Deel van vreugde, is die vrede van God wat oor harte en gedagtes waghou.  Dis ’n baie belangrike gedagte – so belangrik dat die idee van God se vrede twee keer in hierdie kort versies genoem word.  Dis die enigste plek in die Nuwe Testament wat so oor die vrede van God praat.  Dis nie vrede MET God, maar God se vrede – die vrede wat God self het, vir ons gee.  Die teks sê dis vrede wat die verstand te bowe gaan.  Hierdie vrede – vreugde? – is bo-natuurlik.  Dis nie iets wat ons kan veroorsaak of bewerk nie.  Dis iets wat ons ontvang.  Dis deel van God, wat God vir ons gee.

Dit beteken NIE “don’t worry be happy” nie.  Dit beteken NIE alles sal altyd voor die wind gaan nie.  Dit beteken NIE dat jy nooit depressief, hartseer, of pyn sal beleef nie.  Dit beteken wel dat jy te midde van slegte, seer stuff, soos Droopy kan sê: “You know what?  I’m happy.” En dit bedoel.

Gebed

Slotsang

Burn like a star

Seën

In die Event is daar ’n video van Rend Collective oor “joy”.  Hulle praat van “joy as spiritual discipline” en sê:  “We as a people are much more inclined toward negativity and cynicism.  We don’t find it easy or natural to pursue joy. And that’s why God in His Word actually command us to celebrate. We must wrestle for our blessing. We must fight for our joy.”

Wees altyd bly in die Here. Ek herhaal:  wees bly.  Want die teenwoordigheid van die Here is binne jou om jou te seën, rondom jou, om jou te beskerm, die vervulling van die teenwoordigheid van die Here is joune nou en vir altyd

Rend Collective Joy video

     

Tags: , , ,

Trackback from your site.

Leave a comment

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Marie Albertyn

    |

    Goeie Middag
    Ek sien u het verlede jaar verblyf gesoek vir u seun. As u van nog seuns weet, ek het n baie lekker kamer met kombuis en badkamer vir n seun.
    Tel.: 041-5831173 of 0842513492

  • Avatar

    Marinel Coetzer

    |

    Ek is dringend opsoek na selfsorg verblyf vir my , my ma en my seuntjie vir ongeveer n maand tot 2. Ek is swanger met n tweeling en hul word vroeg gebore so hul gaan in NICU vir n hele ruk wees. Ons kom van patensie en kan nie elke dag in en uit ry nie. As daar enige iemand is wat my kan uithelp asb laat weet my.

  • Avatar

    webmeester

    |

    Hi Sonja. Die OT apokriewe (weggelate) boeke is boeke wat uit die Joodse tradisie kom, maar nie met dieselfde gesag as die kanonieke (maatstawwe) boeke in die Bybel deur die Protestantse kerke aanvaar word nie.  Dit word dus nie as maatstaf of riglyn vir die geloof gebruik soos wat wel die geval is met die kanonieke boeke nie.  Hulle word ook deuterokanonieke (tweede maatstawwe) boeke genoem.  Hulle is waardevol, maar nie gesagvol nie.  Jy kan meer daaroor by hierdie skakel by Bybelskool lees. In kort is die NG Kerk se standpunt hieroor in die Nederlandse Geloofsbelydenis as volg: “Die kerk mag hierdie boeke wel lees en daaruit lering trek vir sover hulle met die kanonieke boeke ooreenstem. Hulle het egter geensins sodanige krag of gesag dat iemand deur hulle getuienis enigiets van die geloof of van die Christelike godsdiens sou kan bevestig nie. Hulle mag nie in die minste aan die gesag van die ander, die heilige boeke, afbreuk doen nie.” (artikel 6)

  • Avatar

    Sonja blignaut

    |

    Naand ds Chris.
    Kan u miskien vir my u opinie gee oor die Aprokriewe boeke? Moet ek dit in dieselfde lig as die ,Bybel bestudeer?
    Baie dankie
    Sonja

  • Avatar

    webmeester

    |

    Hi Jan. Die Here se Woord bly lewend en kragtig. In my eie herlees van hierdie preek het die Here self weer met my gepraat! Seën.