AddThis Social Bookmark Button

Preke

AddThis Social Bookmark Button
Laai die tekse van vorige jare se Kerssangdienste hier onder af.  Jy is welkom om dit aan te pas en te gebruik.  (Gee asb vir die skrywers erkenning vir die idee.)
AddThis Social Bookmark Button

Leef Gasvry:  Gaan vertel ...

Lukas 24:13-35 en 2 Kor 3:1-3
Deon Binneman
21 November 2010

 

Ek onthou hoe in die narratiewe terapie-opleiding ons geleer is om refleksiewe vrae te vra – dit is vrae wat jou in jou nadenke laat inbuig na jouself toe.  Dit is ʼn vraag soos:  Wat doen dit aan jou as ...  Die soort vraag laat jou dink aan dit wat ʼn situasie of iemand anders aan jou doen.

Maar daar is ook ʼn anders soort refleksiewe vraag.  Jy sou ook kan vra:  Wat dink jy doen dit aan ander (of aan die situasie) as jy sus of so maakWat doen jou doen aan ander?  Hierdie vraag laat ʼn mens krities na jou eie optrede en die effek daarvan kyk.  Die konsep ubuntu beteken:  Ek is wat ek is vanweë wat ons almal is.  Maar dit is nie wat die vraag Wat doen my doen aan ander, in die oog het nie.  Wat doen my doen aan ander, hou in dat ons mekaar maak.  Ek is wat ek is omdat ander dit van my maak.

Dit is dieselfde gedagte wat ons in 2 Korintiërs 3 kry.  Paulus het nie formele geloofsbriewe, of aanbevelingsbriewe soos sommige ander mense nie.  Dan sê hy egter dié mense wat tot die geloof gekom het, is eintlik sy aanbevelingsbriewe is.  Dit wat hy vertel het, het hulle lewe verander.  Daarom het hy nie eintlik ʼn geloofsbrief nodig nie.  Hulle wat tot geloof gekom het na aanleiding van sy verkondiging, hulle veranderde lewens is genoeg bewys van die legitimiteit van Paulus se apostelskap.

AddThis Social Bookmark Button

Skriflesing

Ken speletjie – iemand sê woord, sê eerste woord in gedagtes opkom?
Ek woord sê – dink eerste woord gedagtes opkom.
Woord is: God.
Woorde?
Wat van:
• verneder
• slaaf
• bediende

Filippense 2:3-11

 

Preek

Kinderboek "Charlotte's Web" – onlangs fliek – ken?
Varkie Wilbur– gaan geëet word, spinnekop (Charlotte) onderneem te help.
Spin spinnerakke waarin vertel hoe wonderlik Wilbur is:
woorde soos "some pig" en "wonderlik".
Redeneer as almal weet hoe wonderlik Wilbur is, sal nie eet.

Naby einde storie,
Wilbur kompetisie vir beste vark.
Charlotte kry beste woord:
Video Charlotte's Web – Chapter 13 – 64:32 - 64:55

Beste woord Charlotte oor Wilbur kan sê: Nederig.
Teks:
3 Moet niks uit
selfsug
of eersug
doen nie,
maar in nederigheid
moet die een die ander
hoër ag as homself.
4 Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie,
maar ook aan dié van ander.

Ons verstaan dit beste ding jy van iemand kan sê.
Jesus tyd anders.
Nederigheid deurgaans slegte woord,
as iemand wil slegsê: nederig.
Beslis nie deug soos vandag verstaan.

Deugdelike lewe,
juis najaag van eer.
Status, klas,
mense sekere stand – optree status pas.
Gedagte nederig,
minder ander – walglik.

So op manier hierdie woorde radikale waarde ons verloor,
nederigheid deel van ons kulturele waardes.
Maar steeds:
• Wil naam maak, mense moet van ons weet
• Mening belangrik, wil hê mense dit hoor en koop.
• My regte belangrik, baklei daarvoor,
• my tyd kosbaar, niemand dit mors
• vir my geld gewerk, niemand daarvoor vra.

So tog nb onthou,
wanneer gasvry leef,
gaan nie oor jou:
• in my huwelik – gaan nie oor my
• in my verhouding kind – gaan nie oor my
• in my verhouding ouers – gaan nie oor my
• by werk – gaan nie oor my
• saam met vriende – gaan nie oor my
• in kar op pad – gaan nie oor my
• met beursie in hand – gaan nie oor my

 

Self-ontlediging

Maar teks praat eintlik meer as net nederigheid:
Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was.
Dan Paulus verder verduidelik wat bedoel,
wat hierdie gesindheid Jesus ook in ons moet wees.
Gesindheid = self-ontlediging,
self leegmaak.
Kenosis.

Is teenoorgestelde van selfhandhawing
of selfvervulling.
Is om ter wille van ander,
in plaas van ander
te gaan staan en leef –
soos wat Jesus mens geword,
slaaf geword
en in ons plek gesterf het.

Is meer as om VAN jouself te gee –
jou geld, goed, tyd, kennis.
Is om jouSELF te gee,
te ontledig

Voorbeeld Charlotte's Web:
Video Charlotte's Web – Chapter 14 – 69:25-71:30 - 64:55

Wanneer Charlotte besluit saam Wilbur gaan,
weet wat gaan kos:
gaan doodgaan, gaan eiers nie in veilige, bekende skuur kan lê.
Gee lewe vir Wilbur & kinders.

Moeilike begrip,
gaan nie in een dag verstaan –
kleingroepe, joernaal –
nog moeiliker leef.
Probeer uitpak:

 

Identifiseer met ander

Self-ontlediging,
kenosis,
beteken identifiseer met ander –
meer nog, deel word van ander.
Beteken om leeg te word,
deur soos mense wat wil dien te word,
soos Paulus beskryf in 1 Kor 9:19-23.

Word vertel dat in Tweede Wêreldoorlog
vervolging Jode in Denemarke anders verloop ander lande.
Duitsers aangedring Jode Dawidster dra.
Toe Duitsers aandring,
koning Christiaan X Denemarke gereageer,
self ster dra,
volk opgeroep almal ster te dra.
Byna onmoontlik vir Duitsers Jode te identifiseer!

Bybel sê ons liggaam van Christus,
as een lid ly,
ly al lede saam.
Kan eers verstaan,
as self-ontlediging verstaan.

Bv. Vigs,
wanneer self-ontlediging verstaan,
nie in eerste plek debatte voer oor siekte, oorsaak,
maar besef: liggaam van Christus het Vigs.
Leeg raak van onsself,
deel in (bv.) swaarkry van liggaam.

Prysgawe

Duidelik self-ontlediging nie iets wat op eie kan doen.
Is iets net gebeur in gemeenskap met ander,
waar ons kies om leeg te word van onsself,
ons mag,
ons eie voorkeure,
voorveronderstellings
vooroordele prys te gee.

Wanneer ernstig opneem dat nie om ons gaan,
onsself uit die middel uithaal –
decentering –
t.w.v. ander.

Paulus praat Fil. 3 (3-8) baie prakties hieroor,
hoe hy homself losgemaak het
van kulturele en godsdienstige posisies
waarop hy kon roem:
die agste dag besny,
van geboorte 'n Israeliet,
uit die stam Benjamin,
'n egte Hebreër,
in wetsopvatting was ek 'n Fariseër,

maar beskou nou as waardeloos, t.w.v. Christus.

Partykeer dink kan diensbaar wees,
sonder self-ontlediging.
Maar dan gaan selfs diensbaarheid eintlik maar oor onsself,
oor selfvervulling,
sin gee aan lewe,
skuldgevoel sus.

Lewer diens op manier wat ons –
ons denke, ons motiewe, ons idees –
steeds verwysingspunt is.

So kan dienslewering aan hulle wat "minder" het,
eintlik bevestiging van ons "mag" oor hulle.
Ons help,
maar nie sprake van gasvryheid,
van innooi,
deel word van mekaar,
by mekaar – wederkerig – ontvang,
nuwe gemeenskap in Christus ontstaan.

Want ons nie leeggemaak van mag.

Dink bv. Abraham,
God stuur,
maak los van alle mag, heersende kultuur:
Gen. 12:1-3:
Trek uit jou land uit,
weg van jou mense
en jou familie af

Moes breek met heersende kultuur (mense)
sosiale posisie (familie)
en land (nasionale identiteit),
in gehoorsaamheid broosheid aanneem
vreemdeling word,
gestroop alle mag
en sosiale bevoorregting.

Prakties: ons gasvry wees mense ouer en jonger as ons.
Generasies kan mekaar nie hoor of verstaan,
as ons nie bereid is
om eie generasie voorveronderstellings op te skort,
vanuit ander generasie voorveronderstellings na sake te kyk.

Beteken self ontledig van
reg te praat,
magsposisie van senioriteit –
opgee,
sodat ruimte veilig kan word,
na mekaar te luister,
sodat Gees nuwe gemeenskap tussen ons kan skep.

Goeie voorbeeld self-ontlediging ons kultuur,
Racheltjie de Beer.
Saam met 6-jarige broer kalf gaan soek,
verdwaal, nag, koud, begin sneeu.

Racheltjie boetie in uitgeholde miershoop laat lê,
klere uitgetrek,
voor gat gaan lê om hom warm te hou.

Volgende oggend gekry –
boetie leef, Racheltjie verkluim.

Kwesbaarheid

Wat bring laaste punt self-ontlediging:
kwesbaarheid.

Jesus self-ontlediging beteken doodmaak –
toelaat mense hom martel & vermoor.

Lukas 10,
Jesus volgelinge stuur,
sonder beurs of reissak of ekstra skoene –
afhanklik van gasvryheid vreemdelinge:
onthou, ek stuur julle soos lammers tussen wolwe.

Juis in hierdie kwesbaarheid,
wanneer ons mag prysgegee het,
leeg geword het van onsself,
wat nuwe gemeenskap moontlik is.
10 sodat
in die Naam van Jesus
elkeen wat in die hemel
en op die aarde
en onder die aarde is,
die knie sou buig,
11 en elke tong sou erken:
"Jesus Christus is Here!"
tot eer van God die Vader.

Video Charlotte's Web – Chapter 15 – 76:08 – 77:07

AddThis Social Bookmark Button

Woordverkondiging

Jesus is vasbeslote op reis na Jerusalem.  Hy weet dat sy lyding die kruis sal insluit.  Hy het dus ‘n behoefte aan gasvryheid.

Die eerste plek op sy reis waarvan Lukas ons vertel is as Hy deur ‘n dorp van die Samaritane gaan, en hulle weier om Hom te ontvang en Hom verblyf te gee (Luk 9:51-56).  Sy dissipels is woedend daaroor en wil sommer ‘n oordeel oor hulle uitspreek.  Jesus keer hulle egter en in ‘n gesprek met hulle verwoord Hy sy pyn, maar sonder verwyt: “Die Seun van die mens het nie eers ‘n rusplek vir sy kop nie,” sê Jesus (9:58).

Die tweede gebeure waarvan Lukas ons vertel, is as Hy 72 van sy dissipels stuur na ander dorpe om die evangelie te verkondig.  Hy spel spesifiek uit dat hulle hul op die gasvryheid van die mense moet verlaat (10:1-15).  In die mense se gasvryheid en luister, al dan nie, word hulle gehoorsaamheid aan God sigbaar: “Wie na julle luister, luister na My; Wie julle verwerp, verwerp My” (10:16).

En dit het ‘n groot effek – sommige mense ontvang hulle met gasvryheid en hoor só die evangelie.  Die dissipels verbly hulle daaroor en in hulle terugrapport kom ‘n mens agter dat dit Jesus intense plesier gee.

Dan is daar in die derde plek kort hierna ‘n wetsgeleerde wat met Jesus aan die gesels raak oor die koninkryk van God en vra: “wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?”   Jesus antwoord hom met ‘n samevatting van die wet, dat jy God en jou naaste moet liefhê (10:25-28).  En vertel dan die verhaal van die Gasvrye Samaritaan, om die wetsgeleerde te leer dat gasvryheid vir die vreemdeling naasteliefde is.  Hy betoon immers gasvryheid aan die man wat onder rowers deurgeloop het deur hom in die herberg te laat versorg, in sy barmhartigheid (10:29-37).

En dan kan ‘n mens nie anders om die volgende verhaal, die verhaal van Marta en Maria met ‘n gans ander bril te lees nie (hele erediens volg).

AddThis Social Bookmark Button
In Lukas 19 is Jesus teen die einde van sy reis van Galilea na Jerusalem, waar Hy sou sterf.  Saggeus, die kort, skatryk mannetjie, tollenaar en hoofskurk van Jerigo, word die laaste dissipel wat Jesus op sy reis na Jerusalem werf.

Tollenaars het nie net hulleself verryk met belastings nie, hulle was ook die loan sharks van die tyd.  Deur die toedoen van Saggeus het mense verarm,  en het hy waarskynlik nie die einde van sy skatte geken nie.

Wat doen God met Saggeus? Jesus sien vir Saggeus raak in die boom en begin ’n gesprek, en dring daarop aan dat Hy by hom wil gaan eet.  God reik dus uit en dring Saggeus se ruimte in om die gemeenskap tussen hulle te herstel.

Hoekom?  Want God is ’n inklusiewe God.  En uiteraard vra Hy van ons om op dieselfde manier te leef.

Volledige erediens:

 

AddThis Social Bookmark Button
Attachments:
FileBeskrywingFile size
Download this file (Poppekas Dawid.doc)Dawid gekies as koningPoppekas: God sien Dawid se hart raak en kies hom as koning35 Kb