Esegiël 37 Droë Bene, Hoop en Advent

Hoop en Verwagting

Ons vier tans Advent.  Die tyd voor Kersfees.  Dis ’n tyd van refleksie, afwagting, verwagting, hoop.  Die vier Sondae van Advent het gewoonlik vier temas:  hoop, vrede, vreugde en liefde.  Vanjaar fokus ons elke Sondag op dieselfde tema:  hoop.

Daarom het Kobus verlede week begin in die kokende vuuroond van Daniël.  Vandag klim ons uit die vuuroond in die vallei van droë bene.

Want sien, hoop is nie ’n maklike of idealistiese suikerlagie bo-oor ons stukkende realiteit nie.  Ware hoop vat ons op reis na ’n paar uitdagende plekke.  Dit stap verby die vrolikheid van “Sleigh Bells Ringing in the Snow”, na die diep vreugde van Kersfees, van God met ons.

Hoop is ’n geskenk.  En hoop is werk.

Hoop kan twee goed gelyk doen.  Dit berei voor vir Kersfees, vir die koms van Christus.  Maar dit sien ook oral langs die pad die teenwoordigheid van Christus, hier en nou.

Ek wil jou regtig nooi om nie vanjaar dadelik te spring na die trifle en blinkertjies van Kersfees nie.  Daardie goed het ’n plek en dis goed.  Maar bly ook vir ’n paar oomblikke in die skaduwees.  In die stilte.  In die valleie.  Staan saam met my stil.  Kyk.  Kom ons soek hoop.

Continue Reading

Vreugdevol Vry! Meer as genoeg… net Jesus

As jy aan Jesus dink, wat is die prentjie wat jy in jou gedagtes sien?  Die verlosser aan die kruis?  Dalk ’n prentjie uit klassieke kuns, of ’n meer onlangse uitbeelding soos uit The Passion of the Christ?  Of dink jy aan die oorwinnaar, die opstanding, aan Christus wat heers aan die regterhand van God?  Of dink jy aan die Man wat op aarde geleef het, saam met dissipels gereis, mense genees en geleer het?  Was Hy nors en kwaai, of vriendelik en uitbundig? Hartseer?  Tussen-in?  Is die prentjie in jou gedagtes ’n blou-oog Jesus met ligte hare?  Of ’n Midde-Oosterse man met ’n blas vel en ’n welige donker baard?

Hierdie vrae maak ons dalk effens ongemaklik, ons voel dis disrespekvol.  Tog is dit belangrik, want ons prent van Jesus is ons prent van God.  Die prentjie in ons gedagtes beïnvloed wie ons dink God is, wat ons dink God doen.  Uiteindelik beïnvloed dit ook ons optrede.

Continue Reading

Vreugdevol Vry! Hou op probeer… Net genade

“We have all of us been told that grace is to be found in the universe.  But in our human foolishness and shortsightedness we imagine divine grace to be finite… But the moment comes when our eyes are opened, and we see and realize that grace is infinite.  Grace, my friends, demands nothing from us but that we shall await it with confidence and acknowledge it in gratitude.”

Sola Gratia.  Net genade.  Dit was een van die pilare van die reformasie.  Hierdie is die waarheid waarby ons staan en val.  Dit is dié sola waarop ons verstaan van die ander solas rus.  Dit is die sola wat ons lewens bepaal.

Continue Reading

Matriek-uitstuurdiens Filippense 3

Vanoggend is ons jaarlikse Matriek-stuurdiens.  Juis hier aan die begin, voor jy die wêreld op jou eie betree, is dit goed om te vra:  hoe definieer jy sukses?  Wat is sukses vir jou?  (Dis natuurlik ook vir ons wat ouer is – of jonger – goed om dieselfde vrae te vra.)  As jy oor 10, 20, 50 jaar terugkyk na jou lewe:  wat moes jy gedoen het, sodat jy kan voel jy was suksesvol?  Sal jy geleerd moet wees?  Beroemd?  Ryk?  Hoe ryk?  Hoe gaan jy dit meet? Moet jy getroud wees?  Kinders hê?  Hoe gaan jy sukses meet?

En wat as jy nié daardie dinge bereik nie?

Continue Reading

Om die skottelgoed te was – Filippense 2 preek

Ons onderstebo wêreld van gedien word

Die wêreld leer ons die ideaal waarna ons moet strewe, is om gedien te word, beslis nie om te dien nie.  Ons is “upwardly mobile”.  Ons wil bo uitkom, die sosiale leer klim, ’n hoër lewenstandaard bereik, ’n hoë posisie beklee.  Selfs in ons godsdiens mik ons hoër, fokus ons op ’n hemel daar ver, wil ons weg van die aardse na die hemel daar bo.

Maar die Gees lei ons af ondertoe.  Tot heel onder.  Na die posisie van diens.

Ons hele prentjie van die wêreld is onderstebo.  Ons prentjie van God is onderstebo. Filippense 2 kom draai ons wêreld weer reg om, herinner ons weer aan wie God in God se wese is.

Continue Reading

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Marie Albertyn

    |

    Goeie Middag
    Ek sien u het verlede jaar verblyf gesoek vir u seun. As u van nog seuns weet, ek het n baie lekker kamer met kombuis en badkamer vir n seun.
    Tel.: 041-5831173 of 0842513492

  • Avatar

    Marinel Coetzer

    |

    Ek is dringend opsoek na selfsorg verblyf vir my , my ma en my seuntjie vir ongeveer n maand tot 2. Ek is swanger met n tweeling en hul word vroeg gebore so hul gaan in NICU vir n hele ruk wees. Ons kom van patensie en kan nie elke dag in en uit ry nie. As daar enige iemand is wat my kan uithelp asb laat weet my.

  • Avatar

    webmeester

    |

    Hi Sonja. Die OT apokriewe (weggelate) boeke is boeke wat uit die Joodse tradisie kom, maar nie met dieselfde gesag as die kanonieke (maatstawwe) boeke in die Bybel deur die Protestantse kerke aanvaar word nie.  Dit word dus nie as maatstaf of riglyn vir die geloof gebruik soos wat wel die geval is met die kanonieke boeke nie.  Hulle word ook deuterokanonieke (tweede maatstawwe) boeke genoem.  Hulle is waardevol, maar nie gesagvol nie.  Jy kan meer daaroor by hierdie skakel by Bybelskool lees. In kort is die NG Kerk se standpunt hieroor in die Nederlandse Geloofsbelydenis as volg: “Die kerk mag hierdie boeke wel lees en daaruit lering trek vir sover hulle met die kanonieke boeke ooreenstem. Hulle het egter geensins sodanige krag of gesag dat iemand deur hulle getuienis enigiets van die geloof of van die Christelike godsdiens sou kan bevestig nie. Hulle mag nie in die minste aan die gesag van die ander, die heilige boeke, afbreuk doen nie.” (artikel 6)

  • Avatar

    Sonja blignaut

    |

    Naand ds Chris.
    Kan u miskien vir my u opinie gee oor die Aprokriewe boeke? Moet ek dit in dieselfde lig as die ,Bybel bestudeer?
    Baie dankie
    Sonja

  • Avatar

    webmeester

    |

    Hi Jan. Die Here se Woord bly lewend en kragtig. In my eie herlees van hierdie preek het die Here self weer met my gepraat! Seën.