Dankbaarheidsfondsinsameling

Volgende geleentheid:

Soiree Musiquale – Lionel van Zyl Uitverkoop

Vrydag 20 Oktober

Stiptelik 19:00

Somerfontein 6, Wynchesterweg

R100 pp

Tilla Olivier:  083 389 2116

Gerda vd Westhuizen:  084 432 6680

DAARNA

Lente Ontbyt

Saterdag 21 Oktober

8:30

Die Ark

Ronelda van Eyk 072 292 7502

EN DAN

Encore – Erika Bothma

Saterdag 21 Oktober

Let op dat die datum verander het

Stiptelik 19:00

Somerfontein 6

R100pp

Gerda vd Westhuizen:  084 432 6680

INTUSSEN

Nageregte te koop

Elke Sondagoggend na die familiediens, vanaf 15 Oktober.

ASOOK

Dienste Verkope

Jy kan enige diens aanbied om te verkoop:  grassny, iemand se inkopies doen, haarsny, ens. Skryf jou naam op die lys in die voorportaal.

Ook op pad

Steak-aand

Vrydag 27 Oktober

18:30

Somerstrand Rolbalklub

R120 pp vir steak, potbrood en nagereg

Kontak Johan Griesel 041 503 7815

 

En in November

Mosaïek-pret

9, 16 en 30 November

Maak ’n mosaïek potstander.  Houtbord, teëls en gom word voorsien.

R100 pp.

Plek: Ark.

Tyd:10:00-13:00

Meer inligting en inskrywings by Rhona Norman 083 292 9989

Continue Reading

Kuier, koek en koffie (of tee)

Kom kuier lekker saam oor ‘n koppie koffie of tee en lekker koek!

Donderdag 28 September, Beyersweg 29, R50 pp

Kontak die kerkkantoor by 041 583 5115 of info@somerstrandgemeente.co.za vir kaartjies.

Terwyl ek ‘n loflied sing, wil ek aan U ‘n offer bring. (Jona 2:9)

Continue Reading

Op pad met God 2017

By OP PAD MET GOD, Maandagmiddae om vieruur, kyk jy op ‘n vars en nuwe manier na geloof.  Ons lees saam die Bybel, en vind verrassende wyses waarop geestelike gewoontes jou kan help om die werklikheid van God in jou lewe raak te sien en te beleef. Jy kan leer hoe God met jou praat, wat Sy wil vir jou lewe is, en hoe Hy jou wil gebruik. In die lewe saam met God ons Vader kry ’n ontmoeting-met-Hom en ’n aanraking-deur-Hom ‘n héél nuwe inhoud. Vervolgens ervaar jy in jou gees dat die Gees van Christus jou voortdurend bybly, en dat Hy jou bekragtig om elke dag saam met Jesus te leef.

OP PAD MET GOD is ‘n saamloop-met-Jesus op die innerlike reis wat God uniek uitgelê het vir jou eie mosaïek. Dit is bedoel vir elkeen wat geestelik wil groei, ’n nuwe lewensvisie of geestelike tuiste soek, ‘n lugleegte of afplatting ervaar, en/of ’n ware soeke na God het.

Continue Reading

Met ‘n kierie en ‘n koperslang

Met ‘n kierie en ‘n koperslang: Verhale van God se sorg in Numeri

 

Familiediens

  1. “In die woestyn”– 30 Julie

Die verhaal van twee generasies – Numeri 1-2, 26 – simbool: sensuslys

  1. “Die Here sal julle seën en julle beskerm”– 6 Augustus

God se seën vir ons lewenspad – Numeri 6:24-26 – simbool: Naam

  1. “‘n Onweerstaanbare lus vir vleis”– 13 Augustus

God se Almag in versoekings – Numeri 11 – simbool: kwartels

  1. “Ek sou wou wens dat Hy sy Gees op almal mag lê”– 20 Augustus

God se Inspirasie wanneer die las te swaar raak – Numeri 11, 27 – simbool: tent van ontmoeting

  1. “Hy is die betroubaarste in my diens”– 27 Augustus

God se Teenwoordigheid wanneer ons ‘n konflik van belange ervaar – Numeri 12, 17 – simbool: kierie

  1. “Die manne het ‘n slegte gerug oor die land versprei”– 3 September

God se Belofte wanneer mense ontrou raak – Numeri 13-14 – simbool: kinders

  1. “Elkeen wat opkyk, sal lewe”– 10 September

God se Aanraking vir ‘n nuwe begin – Numeri 21 – simbool: koperslang

  1. “Die leer van Bileam”– 17 September

God se Barmhartigheid in afvalligheid – Numeri 25 – simbool: spies

  1. “Die dogters van Selofgad”– 24 September

God se Regverdigheid in grys gebiede – Numeri 27, 36 – simbool: boerdery

Bestaande kleingroepe

Ons wil graag in ons kleingroepe aansluit by die reeks oor Numeri.  Die Bybelskool materiaal sal julle ook help om dieper in die boek se boodskap te delf.  Die kleingroepmateriaal sal dus aansluit by die volgende Sondag se preekteks, maar reeds die vorige Sondagoggend beskikbaar wees.

 

Nuwe kleingroepe

Ons moedig lidmate ook aan om nuwe groepe te stig vir hierdie kwartaal.  Daar sal lyste wees in die voorportaal waar julle julle name kan opskryf sodat ons julle daarmee kan help.  Julle kan ook direk met die leraars skakel.  Julle kan óf die kleingroepmateriaal gebruik óf die Bybelskool bywoon (of albei!).  Dié nuwe groepe kan aan die einde van die kwartaal self besluit óf en hóé hulle sal aangaan.

 

Bybelskool oor Numeri

Die Bybelskool hervat 24 Julie 2017 met die boek Numeri.  Skryf in by bybelskool.com/subscribe om die bydraes elke weeksdag te ontvang.  Dit is gratis.  Die eerste byeenkoms in die gemeente Somerstrand is 2 Augustus 18:00-19:00.  Die ander byeenkomste is: 7 Aug. (Maandag weens Vrouedag), 16 Aug., 23 Aug., 30 Aug., 6 Sept., 13 Sept.  Verdiep jou geloof met hierdie leesprogram.  Dit sal sewe weke duur.

 

Continue Reading

Gebed vir Natuurrampe

Jerigo Mure gee onder andere die volgende gebedsriglyne vir die afgelope week se natuurrampe:

Verify all info: Pray that people will not exploit social media by treating photos and videos of the disasters as entertainment, but that they will participate in prayer with hope and faith, verify all reports they receive before forwarding it , and contribute to the aid that is needed.

Immediate relief to the displaced. Literally thousands are currently displaced due to loss of their homes or places of refuge. Pray for every place of shelter to receive all that is needed to feed and clothe those in need. Ask for more churches to set up places to temporarily house displaced people, giving them shelter, food, clothing and a place to sleep.  Declare: Psalm 91:2  I will say of the LORD, “He is my refuge and my fortress; My God, in Him I will trust.” 

 

Shock & trauma.  It is impossible to describe the devastation, shock and trauma of those who lost everything.  Please pray for the comfort of the Holy Spirit. Ask for numerous opportunities to openly share the love of the Lord Jesus with everyone, and for many to put their hope in Him. Please pray that the church will use this opportunity to unite, to solve their differences, to actively work together and to be the hands and feet of Jesus. Declare: Psalm 119:50 This is my comfort in my affliction, For Your word has given me life. Psalm 119:76 Let, I pray, Your merciful kindness be for my comfort, According to Your word to Your servant.

Rebuilding & restoring.  Pray for the rebuilding of the houses, communities and towns that suffered complete destruction.  Pray for the quick resolving of all insurance formalities, procedures to be followed in municipality wards, the implementation of temporary service delivery and the restoring of communication lines, electricity and water purification. Declare: Psalm 80:3 Restore us, O God; Cause Your face to shine, and we shall be saved! 

Remaining drought stricken areas. Large areas of the Namakwaland and Northern Cape have received less than 10 mm rain the past week. Livestock farmers daily encounter animal deaths due to heat, cold, lack of water and food shortages. Most bore holes on farms have run dry.  Pray for hope and faith in God to remain. Ask for God’s mercy and answer to prayers for gentle, continuous saturating rains in every drought stricken area in our nation. Declare: Psalm 71:14-15 But I will hope continually, And will praise You yet more and more. My mouth shall tell of Your righteousness and Your salvation all the day, for I do not know their limits.  Jer.14:22 “Are there any among the false gods of the nations that can bring rain? Or can the heavens give showers? Are you not He, O LORD our God? We set our hope on You, for You do all these things. 

National drought to be broken.  Generally a drought is officially ‘broken’ when the underground water tables are restored to normal. At least three years of sufficent seasonal rain are needed. Let us continue to pray for the consequences of the drought of the past 5 years to be reversed, for continued rains within every season, for restoration of the soil, the multiplication of live-stock and increased produce of the fields and trees. Declare: Psalm 104:14 He causes the grass to grow for the cattle, and vegetation for the service of man, that he may bring forth food from the earth Psalm 144:13 That our barns may be full, supplying all kinds of produce; that our sheep may bring forth thousands and ten thousands in our fields

Continue Reading

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Tilla

    |

    Ons sien uit na lekker kuier!

  • Avatar

    webmeester

    |

    Dankie!

  • Avatar

    Mariette

    |

    Sowaar “food for thought”!
    Baie dankie…

  • Avatar

    Mariette

    |

    Dankie Rethie. Ja, dit is beslis anders en maak ‘n verskil om dit te weet.

    Ek het vir Marie en Alf Kruger in UK die ‘link’ vir jou preek gestuur. Hulle gaan deur ‘n moeilike tyd met sy gesondheid. Sy sê in ‘n e-pos:
    Baie dankie, het pas die preek gelees. Goeie preek. Sal weer en weer.
    Ons sê vir mekaar ons moenie so verstrengel in ons stryd nou raak, dat ons nie rondom ons die goeie sien nie. Sluit so goed aan by Rethie se preek.

  • Avatar

    Rethie van Niekerk

    |

    Mariette, die 1953 Vertaling van vers 26 is ‘n direkte vertaling van die Hebreeus: “die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.” Die 1983 vertalers het “aangesig verhef” geïnterpreteer as “gebede verhoor”.