Liefde maak vry

Skriflesing: Joh 20:26-31 en 21:15-19

Inleiding

Ons is in die seisoen van menswaardigheid. 

Wat gee aan my lewe waarde?   Hoe gee ek aan ander mense se lewens waarde? 

Twee dinge gee waarde aan ons lewens: liefde en vryheid. 

Jesus se opstanding uit die dood is God se waarborg dat Hy ons liefhet en ons wil bevry van alles wat ons menswaardigheid van ons wegneem. Alles wat verhinder dat ons tot ons volle reg kan kom.  Deur Jesus se dood aan die kruis en sy opstanding uit die graf, maak God dit vir ons moontlik om te word wie Hy wil hê ons moet wees. 

Jesus se liefde maak ons vry.  Vryheid gee waarde aan mense se lewens. 

In Joh 20 en 21 lees ons van Jesus se verskynings aan sy volgelinge voor sy hemelvaart.  Met hierdie verskynings kom herstel Jesus die verhouding tussen hulle, sodat sy volgelinge  gereed is om die Heilige Gees te ontvang.  Ons kyk hoe dit plaasvind in Tomas en Petrus se lewens.

Continue Reading

Markus 5:21-43 – Aanraak en aanhoor

Ons land het die laaste paar weke behoorlik gegons oor rassisme.  Een van die gevalle waaroor dit gegons het, was Gareth Cliff, wat deur M-Net as Idols beoordelaar afgedank is, omdat hy te midde van die rassisme storm gesê het mense verstaan nie vryheid van spraak nie.

Die afgelope week het Gareth Cliff met behulp van prokureur, Dali Mpofu, ‘n hofsaak teen M-Net gewen.

Hierdie foto is van Cliff en Mpofu wat uitbundig van hul oorwinning uit  die hof stap.  Alle fokus is, natuurlik, op hulle, wat pas die saak met miljoene rande gewen het.  En dan, skuins agter hulle, is daar iemand besig om in die rommel te grawe.  Byna onsigbaar.

Die man in die rommel se naam is Oscar Maile.

Dit is natuurlik ook ons Skriflesing vandag. Ekstreme kante van die sosio-ekonomiese skaal.

Continue Reading

Kleingroepmateriaal vir die eerste kwartaal 2016

Jesus-verhale van MenswaardigheidOns fokus in die eerste kwartaal 2016 op die Here Jesus Christus. Ons gebruik die boek Jesus-verhale van Menswaardigheid se nege temas en Skrifgedeeltes in die eredienste, kleingroepe, kategese en huisgeloof. Dit vorm deel van die Seisoen van Menswaardigheid in die familie van die NG Kerk.

1. Ons wil daarom bestaande kleingroepe aanmoedig om dié boek in die eerste kwartaal te gebruik. Die boek kos R10 en is beskikbaar by die kerkkantoor vanaf 10 Januarie. Daar is ook ‘n Engelse weergawe beskikbaar.

2. Ons wil ook al ons bestaande kleingroepe uitdaag om met ‘n ander kleingroep in die gemeente saam te werk dié kwartaal. Julle kan óf saam vergader, óf die lede gelykop verdeel in twee nuwe groepe, net vir dié kwartaal.

3. Ons sal dit veral waardeer as julle met ‘n kleingroep van ‘n ander gemeente – bv. VGK Bloemendal – sou kon saamwerk hierin. Só kan ons kruis-kulturele vriendskappe sluit wat ons geloofsgemeenskap sal verbreed. Die leraars sal daarmee kan help.

4. Ons wil ook graag nuwe kleingroepe stig in die gemeente. Belangstellendes kan die kleingroepvergadering 17 Januarie in die konsistorie bywoon.

Alle bestaande kleingroepleiers sowel as mense wat nuut wil inskakel, kom daarom met die kleingroepvergadering 17 Januarie bymekaar in die konsistorie.

Hier is die temas en Skrifgedeeltes vir die kwartaal:

1. Jesus en die man met die gebreklike hand – Lukas 6:6-11
2. Jesus en die Siro-Fenisiese vrou en haar dogter – Markus 7:24-30
3. Jesus maak ‘n doofstom seun gesond – Markus 9:14-29
4. Jesus en die dogtertjie van Jaïrus – Markus 5:21-43
5. Die vrou wat Jesus se voete met reukolie salf – Lukas 7:36-50
6. Jesus gee Petrus opnuut sy opdrag – Johannes 21:15-19
7. Jesus reinig ‘n melaatse – Matteus 8:1-4
8. Jesus genees die vrou met bloedvloeiing – Matteus 9:18-26
9. Jesus was die voete van sy dissipels – Johannes 13:1-20

Chris van Wyk

Continue Reading

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Marie Albertyn

    |

    Goeie Middag
    Ek sien u het verlede jaar verblyf gesoek vir u seun. As u van nog seuns weet, ek het n baie lekker kamer met kombuis en badkamer vir n seun.
    Tel.: 041-5831173 of 0842513492

  • Avatar

    Marinel Coetzer

    |

    Ek is dringend opsoek na selfsorg verblyf vir my , my ma en my seuntjie vir ongeveer n maand tot 2. Ek is swanger met n tweeling en hul word vroeg gebore so hul gaan in NICU vir n hele ruk wees. Ons kom van patensie en kan nie elke dag in en uit ry nie. As daar enige iemand is wat my kan uithelp asb laat weet my.

  • Avatar

    webmeester

    |

    Hi Sonja. Die OT apokriewe (weggelate) boeke is boeke wat uit die Joodse tradisie kom, maar nie met dieselfde gesag as die kanonieke (maatstawwe) boeke in die Bybel deur die Protestantse kerke aanvaar word nie.  Dit word dus nie as maatstaf of riglyn vir die geloof gebruik soos wat wel die geval is met die kanonieke boeke nie.  Hulle word ook deuterokanonieke (tweede maatstawwe) boeke genoem.  Hulle is waardevol, maar nie gesagvol nie.  Jy kan meer daaroor by hierdie skakel by Bybelskool lees. In kort is die NG Kerk se standpunt hieroor in die Nederlandse Geloofsbelydenis as volg: “Die kerk mag hierdie boeke wel lees en daaruit lering trek vir sover hulle met die kanonieke boeke ooreenstem. Hulle het egter geensins sodanige krag of gesag dat iemand deur hulle getuienis enigiets van die geloof of van die Christelike godsdiens sou kan bevestig nie. Hulle mag nie in die minste aan die gesag van die ander, die heilige boeke, afbreuk doen nie.” (artikel 6)

  • Avatar

    Sonja blignaut

    |

    Naand ds Chris.
    Kan u miskien vir my u opinie gee oor die Aprokriewe boeke? Moet ek dit in dieselfde lig as die ,Bybel bestudeer?
    Baie dankie
    Sonja

  • Avatar

    webmeester

    |

    Hi Jan. Die Here se Woord bly lewend en kragtig. In my eie herlees van hierdie preek het die Here self weer met my gepraat! Seën.