Kleingroepe 30 Nov tot 6 Des

FLOREER
Kleingroepmateriaal vir die week van 30 November tot 6 Desember

Rus

Volgende Sondagoggend se erediens handel DV oor die tema “floreer”. Gesels oor wat die term vir julle beteken. Deel met mekaar waar en hoe jy vanjaar “floreer” heet.

Hoor

Lees Psalm 92:13-16 (verkieslik uit die Ou Vertaling of Bybel Direkte Vertaling)

Die BDV vertaal v13 se “sterk wees / groei” as “gedy”.

• Gesels oor wat julle opval of aanspreek in die teksgedeelte.
• Hoe help hierdie Psalm ons om “floreer” te verstaan?
• Wat laat ’n mens floreer? Wanneer floreer ’n mens? Waartoe (doel) floreer ’n mens?
• ’n Mens hoor deesdae baie van die sogenaamde voorspoedteologie (“prosperity gospel”) – mense wat sê dat gelowiges noodwendig finansiële welvaart, goeie gesondheid, e.d.m. sal beleef. Wanneer gelowiges dan nié voorspoed beleef nie, word dit aan een of ander sonde in die gelowige se lewe (of erger nog, in hul voorsate se lewens) toegeskryf. Hoe is dit anders of dieselfde as jul gesprek oor “floreer”?
• Scot McKnight sê: The Spirit can take our abilities and transcend them, then take our inabilities and transform them into the gracious power of unity. To flourish, then, we need to be Holy Spirit people. Watter nuwe perspektiewe gee hierdie aanhaling vir julle?

Leef

Deel spesifieke gebedsbehoeftes met mekaar en bid vir mekaar.

Continue Reading

Kleingroepe 15-21 November – HEILIGHEID

Efese was ‘n groot en belangrike stad in wat ons vandag ken as Turkye. Vandag is daar net ruïnes oor van Efese, naby die moderne stad Selçuk.  Paulus kom aan die einde van sy tweede sendingreis, ongeveer in die jaar 51-52 n.C., in Efese aan en bly daar vir ‘n kort rukkie.  Hy het waarskynlik by Akwila en Priscilla gebly. Hy wou egter nie lank bly nie, en belowe om met ‘n volgende reis weer by hulle aan te doen.  Hy vertrek dus, doen Jerusalem aan, en voltooi sy tweede sendingreis met ‘n tyd in Antiogië.

Dan vertrek Paulus weer op sy derde sendingreis, ’n geestelike reis van versterking.  Die groot fokuspunt op hierdie reis is Efese.  Paulus doen vir twee jaar groot werk hier, aanvanklik in die sinagoge, en later in die saal van Tirannus.  Die effek op die stad is dat baie tot bekering kom en afstand doen van hulle bose werke.  Daarmee is die towergodsdiens van Efese ’n gevoelige slag toegedien, iets waarby Paulus sal aansluit in die laaste hoofstuk van sy brief aan die Efesiërs.

Paulus besluit dan om terug te gaan na Griekeland, en dan via Jerusalem uiteindelik ook Rome te gaan. Hy kom wel in Rome uit, maar nadat hy in Jerusalem gevange geneem is, en na Rome vir sy verhoor gestuur is.

Dit is dus vanuit Rome wat hy die brief aan die Efesiërs uit die gevangenis skryf.  Hy skryf in dié tyd aan die gemeentes in Filippi, Kolosse (ook bedoel vir Laodisea) en Efese, sowel as aan Filemon.  Hierdie vier gevangenis briewe is waarskynlik deur Tigikus (Kol. 4:7,9; Ef. 6:21) en Onesimus (Kol. 4:9 – Filemon se slaaf) afgelewer in die vroeë sestiger jare van die eerste eeu, moontlik op dieselfde reis.

Die brief val duidelik in twee helftes uiteen:

  • ‘n Teologiese begronding van die evangelie van Christus Jesus wat ‘n nuwe mensheid tot stand gebring het oor die grense van nasies heen – hoofstuk 1-3.
  • Praktiese riglyne oor die eenheid van die kerk, die gebruik van gawes, die uitdagings van dissipelskap, die eise van ‘n lewenstyl in die lig, ‘n fokus op verhoudinge en ‘n oproep tot publieke standvastigheid – hoofstuk 4-6.

RUS

  1. Lees die inleiding vooraf as agtergrond vir ons lees van die brief aan die Efesiërs.
  2. Dink vooraf ook ná oor wat heiligheid vir jou beteken. Wat is vir jou heilig?  Wat is vir ander mense heilig?  Wat is vir God heilig?  Wat beteken dit dat God heilig is?  Watter uitdagings het ons in ons gesamentlike verstaan van heiligheid?  Deel in die groep met mekaar hoe julle oor heiligheid gedink het.
  3. Raak bewus van God se heilige teenwoordigheid in julle groep. Laat iemand Jesaja 6:1-5 lees.  Dink jou in Jesaja se situasie in.  Hoe sou jy gevoel het as jy dit soos hy ervaar het?  Oordink dit in stilte.  Erken die Here se heilige teenwoordigheid in jou lewe.  Laat iemand open met gebed.

HOOR

  1. Lees Efesiërs 4:17-24.
  2. Deel met mekaar wat julle daarin tref.
  3. Wat beteken dit om nie soos heidene te lewe nie – vers 17-20?
  4. Hoe kan ons dié opdrag nakom om nie soos heidene te lewe nie – vers 21-24?
  5. Scot McNight sê dat heiligheid nie net met afsondering te make het nie, maar met “devotion to God”. D.w.s., soos jy ‘n gholfstok nie as ‘n hamer gebruik nie (al wil jy ook soms), só doen jy sekere dinge nie, omdat jy aan God toegewy is, en heilig wil lewe.  Maak dit sin?  Hoe sou jy heiligheid prakties beskrywe?
  6. Scot McKnight sê dat ons nie bang moet wees vir: “Do’s and Don’ts” nie. Die Bybel is immers vol van sulke lyste. Wat belangrik is, is dat ons die Don’ts moet vermy, omdat ons in die Do’s glo en hulle wil navolg.  Hy stel dit so: “Because we are doing devotion of God, we don’t want to do sin.”  Maak dit vir jou sin?  Hoe sou jy daaroor dink.

LEEF

  1. Dink weer oor wat julle aan die begin gedeel het oor heiligheid, en sê vir mekaar hoe ons/die gemeente/die kerk in die lig van die boodskap aan die Efesiërs meer heilig kan lewe?
Continue Reading

Genade Transformeer

Skriflesings:  2 Kor 1:19-22 en Efes 1:14

Inleiding

Ons is ANDERS geskape deur God, maar in Christus word anderses EENDERS, deur Sy genade.

Wat maak ons Eenders?  Die feit dat ons in Christus is.  Om in Christus  te wees, beteken dat ons nie meer vanuit ons menslike vlees leef nie, maar vanuit die nuwe identiteit wat ons in Christus ontvang het, soos Rom 8:9 sê: ons word nie meer deur die sondige natuur beheer nie, maar deur die Gees.

Ek definieer nie meer myself vanuit my gebroke menslikheid nie, want ek is ‘n nuwe mens [2 Kor 5:17].

Paulus sê hy beroem hom nie meer op die uiterlike dinge nie [Kol 3:3], inteendeel, wat vir hom ‘n bate was, beskou hy nou as waardeloos ter wille van Christus [Kol 3:7]. Ek het alles prysgegee en beskou dit as verwerplik, sodat ek Christus as enigste bate kan verkry en een met Hom kan wees [Kol 3:8,9].

Dit is wat anderses eenders maak.  Solank ons onsself nog definieër vanuit ons kulturele identiteit, sosiale identiteit, my prestasies, persoonlikheid, geaardheid of enige ander vorm van die menslike natuur, beklemtoon ons die andersheid meer as die eendersheid.

God kyk na ons deur die soendood van Jesus, en daarom is ons eenders voor God.  Dit is hoe ons na onsself en na ander mense moet kyk.

Hoe kry ons dit reg?  Natuurlik net deur die genade van God.

Genade

Wat is genade?

“Grace is God’s goodness showered on people who have failed”

“Grace is someone at the end of their rope finding new strength”

Genade is God se “Ja” aan ons in Christus – 2 Kor 1:19-22

Ons is vir Hom afgesonder

Ons is as sy eiendom beseël

Genade is God se “Ja” aan ons deur die Heilige Gees – Efes 1:14

Die waarborg vir wat ons nog sal ontvang.

Genade Transformeer

God se genade transformeer my van die persoon wat ek was voordat ek Jesus as Verlosser aangeneem het tot die persoon wat God in gedagte het ek moet wees in Christus en deur die Heilige Gees.  Dit is die wedergeboorte waarvan Jesus vir Nikodemus ook vertel.  God doen dit in elk geval.

Deur die genade van God het Paulus se lewe verander van ‘n Farisieër en vervolger van die gelowiges tot ‘n apostel van Jesus Christus [Gal 1:15-16].

Deur die genade van God gee die Heilige Gees aan ons genadegawes, sodat ons kan wees wat God wil hê ons moet wees.

Deur die genade van God ontvang ons ‘n nuwe identiteit, daarom sê Paulus: Deur die genade is ek wat ek is [1 Kor 15:10].

Die Woord is dus duidelik: God se genade transformeer my lewe, God maak my ‘n nuwe mens as ek Jesus as Verlosser aangeneem het.  God het sy werk klaar gedoen en Hy het ook nie halwe werk gedoen nie.  Nou wag Hy vir jou om uit te tree uit die ou mens en in te tree in die nuwe mens.

Die vraag is:  In watter identiteit leef ek?  My ou identiteit of die nuwe identiteit.  Dit is die grootste uitdaging vir gelowiges, want dit bepaal of die genade van God tot werking kom in my lewe of nie.  Hoe langer ek aan my ou menslike natuur vasklou, hoe mider kan die genade van God in werking kom in my lewe.

Paulus sê: “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee” [Fil 4:13].  Hy kon ook nie van die Farisieër en vervolger verander tot die apostel, sonder die krag van Christus in hom nie.  Dit is ook net die genade van God wat dit vir my en jou moontlik maak om daardie stap te neem.

Dit is wat die hele Christelike gemeenskap moet doen – die kerkraad, die ring, die sinode, die algemene sinode, want eers dan is ons ‘n “grace-creating fellowship”.

Grace – creating fellowship

Scott McNight sê die kerk moet ‘n “grace-creating fellowship” wees.

Die verhaal van die genadige Vader en die verlore seun van Lukas 15 verduidelik presies vir ons wat God se genade beteken.

Dit is nie goed genoeg om die genade van God te ontvang nie, want God se genade kan nie by ons stop nie.  Dit is bedoel var diegene wat nie God se genade ken nie.  God se genade is nooit ‘n besitting nie, dit is ‘n geskenk wat uitgedeel moet word.

In watter mate is jy ‘n uitdeler van God se genade?

In watter mate is die gemeente ‘n uitdeler van God se genade?

Sodat mense hulle nuwe identiteit in Christus deur die werking van die Heilige Gees kan ontdek.

AMEN

Continue Reading

NUUTHEID – Kleingroepe: 9-15 November 2015

Rus

Vertel vir mekaar watter gedagtes, verhale, ervarings, vrese en drome by julle opkom wanneer julle die woord “vryheid” hoor.

Hoor

Lees Galasiërs 5

  • Gesels oor wat julle opval of aanspreek in die teksgedeelte.
  • Daar is natuurlik ’n verskil tussen vryheid en ‘n vrypas (wat in Engels genoem word “license”) – om te doen wat jy wil. Wat, dink julle, is die verskil? Hoe beskryf hierdie week se teksgedeelte die verskil?
  • Hoe strook dit met ons samelewing se idee dat jy kan doen wat jy wil, “solank dit niemand seermaak nie”?
  • Vers 19 noem 15 (of 16, as jy “dergelike dinge” bytel) praktyke van die sondige natuur. Agt daarvan gaan oor verdeeldheid. Hoe help dit ons om vryheid beter te verstaan?
  • McKnight sê: Love both guides as and constrains us. Kan julle aan voorbeelde hiervan dink?
  • Ons kan onsself net in liefde weggee (dus in liefde dien), wanneer ons deel is van ’n gemeenskap wat ’n tasbare beliggaming van God se onvoorwaardelike liefde is. Dink julle dis waar? Hoe beleef julle dit?
  • Die nuwe vryheid wat ons in Christus ontvang, plaas gelowiges binne ’n nuwe gemeenskap. Maar wat die een groep (bv. die Jode) dink is vryheid, mag die nie-Jode dalk beskou as slawerny. McKnight sê: So the differences multiply as soon as freedom becomes the church’s new way of life. Hoe beleef julle dit? Hoe moet ons dan ons vryheid te midde van verskille uitleef?

Leef

  • Augustinus het gesê: Love, and do what you will. McKnight sê: The ideal Christian life is not a life of “rules and regulations,” but rather a life of irresistible, Spirit-shaped, new creation freedom to do all God calls us to be. Hoe help dit julle om gelowiges se vryheid te verstaan?
  • Waartoe roep God julle nou?
Continue Reading

GENADE – KLEINGROEPE: 2-8 NOVEMBER 2015

GENADE

Inleidend

Ons is ANDERS geskape deur God, maar in Christus word anderses EENDERS, deur Sy genade.

“The church is God’s world-changing social experiment of bringing unlikes and differents to the table to share life with one another as a new kind of family. When this happens, we show the world what justice, peace, reconciliation, and the life together are designed by God to be. The church is God’s show-and-tell for the world to see how God wants us to live like a family.”  [S McNight: Fellowship of Differents, p16].

Rus

Iemand open met gebed.

Raak dan stil vir 3 minute.  Elkeen dink na oor God se genade in sy/haar lewe.  Moenie net dink in terme van wat God vir jou doen nie, maar veral ook wie God deur sy genade vir jou is.

Gee ruim tyd vir getuienisse en kyk of julle sekere partone kan raaksien van hoe julle God se  genade ervaar.

Watter betekenis het God se genade vir julle, binne die konteks van die wêreld waarin ons vandag lewe?

Neem genoeg tyd om saam te bid en God te dank vir al sy genade oor ons lewe.

Hoor

Jesus is God se “Ja” aan ons.  Lees en bespreek die volgende verse.  Op watter manier sê God “ja” vir jou?

2 Kor 1:19-22

Fil 3:10-11

Kol 2:9-11

Hoe verander God se “Ja” deur Jesus jou lewe?

Die Heilige Gees is God se “Ja” aan ons.  Lees Efes 1:14.  Op watter manier sê God “ja” vir jou?

Hoe verander God se “Ja” deur die Heilige Gees jou lewe?

Leef

Scot McNight sê die kerk moet ‘n “grace-created and grace-creating fellowship of differents” [p48] wees. Lees ook die inleidende paragraaf hiermee saam.

Ek en jy is die “kerk”.  Wat moet in myself verander sodat God se plan met die kerk kan realiseer?

Wat gaan jy ANDERS doen om te wys dat jy in Christus EENDERS is met ander gelowiges, as voorbeeld van wat God vir die hele mensdom in gedagte het.

 

 

Continue Reading

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Marie Albertyn

    |

    Goeie Middag
    Ek sien u het verlede jaar verblyf gesoek vir u seun. As u van nog seuns weet, ek het n baie lekker kamer met kombuis en badkamer vir n seun.
    Tel.: 041-5831173 of 0842513492

  • Avatar

    Marinel Coetzer

    |

    Ek is dringend opsoek na selfsorg verblyf vir my , my ma en my seuntjie vir ongeveer n maand tot 2. Ek is swanger met n tweeling en hul word vroeg gebore so hul gaan in NICU vir n hele ruk wees. Ons kom van patensie en kan nie elke dag in en uit ry nie. As daar enige iemand is wat my kan uithelp asb laat weet my.

  • Avatar

    webmeester

    |

    Hi Sonja. Die OT apokriewe (weggelate) boeke is boeke wat uit die Joodse tradisie kom, maar nie met dieselfde gesag as die kanonieke (maatstawwe) boeke in die Bybel deur die Protestantse kerke aanvaar word nie.  Dit word dus nie as maatstaf of riglyn vir die geloof gebruik soos wat wel die geval is met die kanonieke boeke nie.  Hulle word ook deuterokanonieke (tweede maatstawwe) boeke genoem.  Hulle is waardevol, maar nie gesagvol nie.  Jy kan meer daaroor by hierdie skakel by Bybelskool lees. In kort is die NG Kerk se standpunt hieroor in die Nederlandse Geloofsbelydenis as volg: “Die kerk mag hierdie boeke wel lees en daaruit lering trek vir sover hulle met die kanonieke boeke ooreenstem. Hulle het egter geensins sodanige krag of gesag dat iemand deur hulle getuienis enigiets van die geloof of van die Christelike godsdiens sou kan bevestig nie. Hulle mag nie in die minste aan die gesag van die ander, die heilige boeke, afbreuk doen nie.” (artikel 6)

  • Avatar

    Sonja blignaut

    |

    Naand ds Chris.
    Kan u miskien vir my u opinie gee oor die Aprokriewe boeke? Moet ek dit in dieselfde lig as die ,Bybel bestudeer?
    Baie dankie
    Sonja

  • Avatar

    webmeester

    |

    Hi Jan. Die Here se Woord bly lewend en kragtig. In my eie herlees van hierdie preek het die Here self weer met my gepraat! Seën.